Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Local government is a sphere of government which consists of municipalities and
its executive and legislative authority is vested in the respective municipal
councils. The council is responsible for exercising its powers and functions on
behalf of the community it represents and it makes decisions in that regard.
A municipality as an organisation which is comprised of two main components:
on the one hand, the council as a body of elected representatives and, on the other,
officials who have been employed by the council. Whilst it is generally accepted
that it is the function of the council to determine policy and of the officials to
execute the determined policy, it is accepted that in .practice there is a degree of
interfacing between these two functions. It is further accepted that, although there
is a clear distinction between the roles of councillor and official, it is possible that
there may be a degree of misconception about their respective roles.
The purpose of this study was to determine whether councillors and officials have
misconceptions about their roles in the decision-making processes of the
municipality and whether such misconceptions have a negative impact on service
delivery.
The research was initiated by a study of decision making in general, followed by a
study of decision making in local government in order to establish a basis for the
field of study. Oostenberg Municipality was then analysed, with specific reference
to its decision-making systems as well as its macro-organisational structure. A
questionnaire was sent to the top structure of the council as well as the top management structure of the municipality; the views of these respondents were
used to determine whether there were any misconceptions about their roles.
The study found that the councillor study group presented a 30.56% degree of
misconception about their role as councillors in the decision-making process of
the municipality, and in the case of the top management structure there was a
29.86% degree of misconception. The study further established that this degree of
misconception impacted negatively on service delivery.
In VIew of the above, it is recommended that councillors be subjected to
appropriate training, that the political party caucuses be accommodated in the
formal decision-making process of the municipality, and that members of the top
management structure be subjected to dedicated training on their role in the
decision-making processes of the municipality. It is also recommended that the
top management structure of the municipality should be in possession of
appropriate academic qualifications. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Plaaslike Regering is 'n sfeer van regering wat uit munisipaliteite bestaan en ten opsigte
waarvan sy uitvoerende en wetgewende gesag in sy munisipale raad gesetel is. Die raad
is namens die gemeenskap wat hy verteenwoordig vir die uitoefening van sy magte en
funksies verantwoordelik en neem hy besluite in daardie verband.
'n Munisipaliteit as 'n organisasie bestaan uit twee komponente, te wete die raad as 'n
liggaam van verkose verteenwoordigers aan die een kant, en aan die ander kant,
amptenare wat deur die raad in diens geneem is. Terwyl dit algemeen aanvaar word dat
dit die raad se funksie is om beleid te bepaal en dit die amptenare se funksie is om die
uitvoering aan die gestelde beleid te gee, word daar ook aanvaar dat daar in die praktyk,
'n mate van interfase tussen hierdie twee funksies bestaan. Dit word voorts aanvaar dat
terwyl daar 'n duidelike onderskeid tussen die onderskeie rolle van raadslid en amptenaar
is, dit moontlik is dat daar 'n mate van wanbegrip van hul onderskeie rolle bestaan.
Die doel van hierdie studie was om te bepaal of raadslede en amptenare wanbegrip van
hul onderskeie rolle in die besluitnemingsproses van die munisipaliteit ervaar en of
sodanige wanbegrip 'n negatiewe impak op dienslewering het.
Om as basis vir die studieveld te dien is algemene besluitneming eerstens bestudeer,
gevolg deur 'n studie van besluitneming in plaaslike regering. 'n Ontleding van
Oostenberg munisipaliteit met spesifieke verwysing na sy besluitnemingsprosesse en
makro-organisatoriese struktuur is daarna uitgevoer. 'n Vraelys met as respondente die
topstruktuur van die raad sowel as die top bestuurstruktuur van die munisipaliteit was
aangewend om te bepaal of daar 'n mate van wanbegrip van onderskeie rolle bestaan. Die studie het bevind dat die raadslid studiegroep 'n graad van wanbegrip van 30.56%
ten opsigte van sy rol as raadslid in die besluitnemingsproses van die munisipaliteit toon,
en in die geval van die top bestuurstruktuur, is 'n graad van wanbegrip van 29.86%
aangetoon. Die studie het verder bevind dat die bepaalde graad van wanbegrip, negatief
op dienslewering impakteer.
Met inagneming van die voorafgaande is daar aanbeveel dat raadslede aan toepaslike
opleiding blootgestel word, die akkommodering van die politieke party koukusse in die
formele besluitnemingsprosesse van die munisipaliteit, sowel as die toepaslike opleiding
van die lede van die top bestuurstruktuur van die munisipaliteit ten opsigte van hul rol in
die besluitnemingsprosesse van die munisipaliteit. Daar is ook aanbeveel dat die lede van
die top bestuurstruktuur van die munisipaliteit oor toepaslike akademiese kwalifikasies
behoort te beskik.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52020 |
Date | 12 1900 |
Creators | Du Preez, Pierre Johann |
Contributors | Van Rooyen, A., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. School of Public Leadership. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 140 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0019 seconds