Return to search

A critical appraisal of performance management (appraisal) in higher education : case study at Stellenbosch University

Thesis (MBA (Business Management))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om die huidige prestasiebestuurstelsel van die Universiteit van Stellenbosch te evalueer en om verbeterings aan te beveel. Die volgende navorsingsdoelwitte is dus bespreek: bepaal of uitsonderlike prestasie beloon word; stel vas of personeellede in die huidige prestasiebestuursproses glo en dit ondersteun; identifiseer die knelpunte in die prestasiebestuurstelsel van die Universiteit van Stellenbosch; bepaal die kenmerke van en vereistes vir doeltreffende prestasiebestuurstelsels; ontwerp ‘n model wat toesighouers in die toekoms as wegspringblok kan gebruik om prestasie as deel van hul daaglikse aktiwiteite te meet; bepaal die potensiële verwantskap tussen prestasie en vergoedingsvlakke; en bemagtig Menslike Hulpbronne om die vergoedingsbeleid konsekwent toe te pas. Eerstens word eietydse literatuur bestudeer om die verskil tussen prestasiebeoordeling en prestasiebestuur te bepaal. Beste praktyk vir prestasiebestuur word deur die literatuuroorsig geïdentifiseer sodat die Universiteit van Stellenbosch dit in die toekoms kan implementeer en sodat die slaggate waarin ander instansies getrap het, vermy kan word. Ander hoër onderwysinstansies word geëvalueer om bestaande stelsels ten volle te begryp en te bepaal waar die Universiteit van Stellenbosch kan verbeter. Data van die 2006-2007 en 2007-2008 prestasie-evalueringstydperke is gebruik om te bepaal of daar ‘n korrelasie is tussen individuele prestasiepunte en bonusse wat ontvang is. Laastens word ‘n elektroniese vraeboog aan alle permanente personeellede aan die Universiteit van Stellenbosch versprei word om te bepaal wat die huidige persepsie van prestasiebestuur by bogenoemde instansie is. Die resultate (verwys Tabel 4.4) toon aan dat die Universiteit van Stellenbosch as geheel nie aan die vasgestelde prestasiebestuurbeleid voldoen nie. Sommige personeellede wat ‘n prestasiepunt van 3 en laer behaal het, het ook bonusse ontvang. ‘n Bonus vir ‘n prestasiepunt van 3 kan nog regverdig word as ‘n erkenning vir harde werk. Die Universiteit van Stellenbosch streef ooreenkomstig sy vergoedingsbeleid daarna om ‘n verwantskap tussen prestasie en vergoeding te bewerkstelling deur tussen uitsonderlike, gemiddelde en ondergemiddelde presteerders te onderskei. Dit is duidelik dat die Universiteit van Stellenbosch se beleidsdokumente (vergoeding en prestasiebestuur) uitgevoer word en weldeurdag is. Opleiding, wat saam met opvoeding bevorder word, verseker ‘n hoë vlak van begrip vir prestasiebestuur, die ontwikkeling van die nodige vaardighede en waardering vir die waarde wat prestasiebestuur tot ‘n organisasie kan toevoeg. Die voorgestelde prestasiebestuursmodel (verwys Tabel 5.2) sal verseker dat behoorlike voorbereiding gedoen word (standaard werkprosedures en opleiding) met opvolgaksies (kritiek en hersiening) om te verseker dat die model saam met die organisasie groei. Die huidige prestasiebestuurproses (die hoe) is onsuksesvol. Aandag kan egter aan die proses geskenk word deur opleiding en heropleiding en deur meer finansiële hulpbronne beskikbaar te stel om te verseker dat gepaste verwantskap tussen prestasie en vergoeding geskep word. Verskeie prestasiebestuurprogramme (elektroniese weergawes) is beskikbaar. Dit is vir die toekoms uiters belangrik om elektroniese bestuursmetingsprogramme te implementeer en om die proses hierby aan te pas. Gereelde kommunikasie hou personeel ingelig en verseker dat die verskillende stadiums van prestasiebestuur plaasvind. Die idee dat prestasiebestuur alledaags en tydrowend is moet in ‘n kultuur van maklike en doeltreffende prestasiebestuur omskep word. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study was to critically examine the current situation regarding the performance management system at Stellenbosch University and make recommendations for improvement. This was done by looking at the following research objectives: determine whether outstanding performance is rewarded; investigate whether staff members believe in and support the current performance process; identify barriers to the performance management system at Stellenbosch University; determine characteristics and requirements of effective performance management systems; design a model that can be used in future as a starting point for supervisors to measure performance as part of their daily activities; determine the potential link between performance and remuneration levels; and empower Human Resources to consistently enforce the remuneration policy. Firstly, contemporary literature was reviewed to understand the difference between performance appraisal and performance management. Best practices for performance management were identified through the literature review to ensure that Stellenbosch University implements those in future and to steer away from the pitfalls other institutions have experienced. Other higher education institutions were evaluated to fully understand what is in place and where Stellenbosch University can improve. Data from the 2006-2007 and 2007-2008 performance evaluation periods were used to determine whether a correlation exists between an individual’s performance mark and receiving a bonus. Lastly, an electronic questionnaire was distributed to all permanent employees of Stellenbosch University to determine the current perception of performance management at this institution. The results (refer Table 4.4) indicate that Stellenbosch University as a whole does not comply with the set policy regarding performance appraisal. There were employees who received performance v marks of 3 and below who also received bonuses. Performance marks of 3 can be justified and seen as a “thank you for your hard work”. In terms of Stellenbosch University’s remuneration policy, the University strives to establish a link between performance and remuneration by differentiating between outstanding, average and below average performers. It is clear that Stellenbosch University’s policies (remuneration and performance management) are in place and well thought through. Training, running concurrently with education, ensures a high level of understanding of performance management, the development of the required skills and an appreciation of the value that performance management can add to an organisation. The proposed performance management model (refer Table 5.2) will ensure that thorough preparation is done (standard working procedures and training), with a follow-up action (critique and revision), to allow this model to evolve with the organisation. The current performance management process (how) is not successful. However, it can be fully addressed through training and re-training, and by making more financial resources available to ensure an appropriate linkage between performance and remuneration. Several performance management programmes (electronic versions) do exist. Moving forward, it is vital to implement electronic measuring programmes in conjunction with the re-alignment of the process. Regular communication will keep employees informed and will ensure that the different stages of performance management take place. The idea that performance management is mundane and time-consuming must be changed to a culture of easy-to-do and effective performance management.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/4787
Date12 1900
CreatorsBenade, Marzelle
ContributorsDe Coning, T. J., University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0024 seconds