Return to search

Die rol van Christelike spiritualiteit in die lewe van 'n persoon met 'n huweliksmaat met 'n "bipolêre gemoedsversteuring

Text in Afrikaans / Binne die tradisionele christelike westerse samelewing waarin ons leef is daar
diskoerse en meta-narratiewe wat dikteer wat van ons as huweliksmaats verwag
word. Ons is dikwels onbewus van hoe hierdie verwagtinge, rolle en eise wat aan
ons gestel word, deur verskillende diskoerse en stories tot stand gekom het. Die
spesifieke lewenstorie en omstandlghede van die indiwidu(e) word meestal in die
proses geignoreer, byvoorbeeld die saamleef met 'n huweliksmaat wat
"gediagnoseer" is as iemand met 'n "bipolêre gemoedsversteuring", bring
noodwendig omstandighede mee wat vir die meeste mense onuithoudbaar mag
wees. Hierdie studie vertel die storie van 'n persoon wie daarin kon slaag om ten
spyte van hierdie "omstandighede", sy storie so te kon herskryf dat hy steeds met
hierdie persoon suksesvol binne die huwelik kan saamleef.
Die studie fokus op 'n persoon, wie se lewe op grond van die christelike narratief
leef, se belewing van die saamleef met 'n persoon met 'n "bipolere
gemoedsversteuring". Die algemene doel van die studie was om aan die
deelnemer 'n geleentheid te skep om sy belewinge in die saamleef van 'n persoon
met 'n "bipolêre gemoedsversteuring" te kon deel. 'n Spesifieke fokus is geplaas
om die rol wat christelike spiritualiteit speel in die verwerking en hantering
daarvan, te beskryf. Daar is ook aan die persoon geleentheid gegee om op grond
van sy belewlnge en verstaan van christenskap, aanbevelings te maak aan die professlone!e gemeenskap, die geloofsgemeenskap en aan huweliksmaats wat
met soortgelyke omstandighede meet saamleef.
Die navorslng is vanuit 'n postmoderne diskoers-oogpunt aangepak en op 'n
kwalitatiewe wyse uitgevoer by wyse van 'n gevallestudle. Die deelnemer se storie
is deur middel van sosiale konstruksieteorie en 'n narratiewe terapeutiese
benadering, gedekonstrueer. Dit was duidelik vanuit die studie dat die funksie wat mense se spirituele oortuiginge en hul belewing daarvan in hul lewens verrig, in
berekening gebring moet word in die terapeutiese proses. Wanneer kliënte
belangrike besluite moet neem, moet die invloed van geloofsoortuiginge in die
besluitnemingsproses in berekening gebring word. / Practical Theology / M. Th. - (Pastoral Theology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/1009
Date31 July 2002
CreatorsKotzé, Martina
ContributorsDreyer, J.S., Le Roux, J. P.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (iii, 102 leaves)

Page generated in 0.0018 seconds