Summaries in Afrikaans and English / Text in Afrikaans / In die verhandeling word mentorskap as 'n begeleidingshandeling ondersoek. Die
oorsprong van mentorskap word nagespeur, enkele deur tyd beproefde kenmerke
van mentorskap word bespreek en heersende praktyke ter bevordering van
mentorskap word met die van vervloe eras vergelyk.
'n Uiteenlopende verskeidenheid opvattinge oor mentorskap word aan die orde
gestel: benewens die standpunte van eietydse ontwikkelingpsigoloe,
beroepskundiges, onderwys- en opvoedkundiges word die klassieke opvatting van
mentorskap (socs wat dit weergegee is in die Odusseia en die Les Adventures
de Telemaque, die werke van onderskeidelik Homerus en Fenelon) ook ender die
loep geplaas.
In die laaste afdeling word 'n aantal gevolgtrekkings en aanbevelings gemaak
met betrekking tot die doelstellings, aard, kenmerke en waarde van mentorskap,
faktore wat die eindresultate van mentorskap kan beinvloed en die bekwaamhede
en persoonseienskappe van mentors. Die aanbevelings sluit riglyne vir die
effektiewe hantering van problematiese aangeleenthede rondommentorskap, ender
meer die verpragmatisering en formalisering daarvan, in. / In this dissertation mentoring as a form of guidance is researched. The origin
of mentoring is investigated, a few characteristics of mentoring which have
stood the test of time are discussed and prevailing practices promoting
mentoring are compared with those of bygone eras.
A diverse variety of approaches to mentoring are presented: in addition to the
views of contemporary behavioural psychologists, vocationalists, educationists
and teaching specialists, the classic interpretation of mentoring (as
presented in the Odyssey and the Les Adventures de Telemaque (the works of
Homer and Fenelon respectively) is also considered.
In the last section a number of conclusions and recommendations are made
regarding the aims, nature, characteristics and value of mentoring, factors
affecting the outcome of mentoring and the skills and personal characteristics
of mentors. The recommendations include guidelines for the effective handling
of problematic issues regarding mentoring, such as the pragmatization and
formalization thereof. / Educational Studies / M. Ed. (Educational Studies)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16684 |
Date | 10 1900 |
Creators | Dreyer, Johannes Machiel |
Contributors | Verster, T. L. |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xxi, 199 leaves) |
Page generated in 0.0026 seconds