Return to search

Can Canada still be considered a middle power? Zimbabwe and Canada's declining global role

Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Canada between 1945 and 2010 has been classified as a prominent "middle power." At the same
time its relative standing among nations has been declining and it has less regard in the world than
it once did. Middle power theory seeks to classify those nations who in the wake of the Second
World War were neither great powers nor non- great powers.
The idea of middlepowermanship greatly appealed to Canadians and they undertook initiatives to
separate themselves from the non-great powers. Canada is often seen as the exemplary case for
observing middle power status. Through the post war era and the Cold War Canada was both
economically and politically powerful. By getting involved in a plethora of multi-lateral bodies
such as the United Nations and the Commonwealth while promoting peacekeeping and mediation,
Canada was able to exert its growing influence on the world order. Throughout this time Canada
worked hard to build its reputation as a mediator and specialized in ending quarrels. This is true of
Canada’s involvement in the Commonwealth in the 1960s and 1970s with regard to the Rhodesian
question. On two separate occasions it was the Canadian contingents that prevented the
Commonwealth from dissipating. This further bolstered Canada’s rise to prominence in the world
order.
Over the years, as Canada took on more initiatives resources became very thinly spread. With an
economic slow down and new commitments to national policies (universal healthcare and pensions)
the Canadian budget was rearranged and priorities changed. No longer were there the same
resources available to middle power initiatives or the military. This has greatly impacted Canada’s
ability to participate in international projects.
Recently, Canada’s position in the world has come into question, asking whether or not it truly is
still a middle power. By looking at various traditional middle power elements including the
economy, peacekeeping, official development assistance and involvement in multilateral bodies it
can be seen that Canada’s prominence is waning. Using the case study of Zimbabwean/ Canadian
relations through the 20th and 21st centuries, the decline of Canada’s middle power performance can
be traced. Combining these different themes with hard and soft power theory it is clear to see that
Canada no longer holds the same position of middle power it once did. It also shows that Canadians
are holding onto an image of Canada, which is dated, and it is time to redefine Canada’s position
within the world order. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Tussen 1945 en 2010 is Kanada geklassifiseer as ’n prominente “middelmag.” Terselfdertyd het
Kanada se relatiewe posisie ten opsigte van ander nasies begin afneem en minder aansien in die
wêreld geniet as voorheen. Die middelmag-teorie poog om daardie nasies te klassifiseer wat na die
Tweede Wêreldoorlog nóg grootmagte, nóg kleinmagte was.
Die Kanadese was aangetrokke tot die idee van middelmagskap en hulle het inisiatiewe onderneem
om hulself van ander nie-grootmagte te onderskei. Kanada word dikwels gesien as die toonbeeld
van die middelmag rol. Gedurende die post-oorlog era, asook tydens die Koue Oorlog was Kanada
beide ekonomies en polities invloedryk. Deur betrokke te raak in multi-laterale instellings soos die
Verenigde Nasies en die Statebond, en terselfdertyd vredeskepping en bemiddeling te bevorder, kon
Kanada sy groeiende invloed op die wêreld orde uitoefen. Gedurende hierdie tyd het Kanada hard
gewerk om sy reputasie as bemiddelaar gestand te doen en te spesialiseer in die beëindiging van
dispute. Laasgenoemde word veral waargeneem in Kanada se betrokkenheid in die Statebond met
betrekking tot die Rhodesië-vraagstuk in die 1960s en 1970s. Op twee verskillende geleenthede was
dit die Kanadese invloed wat verhoed het dat die Statebond ontbind. Dit het gesorg dat Kanada se
prestige en prominensie in die wêreld orde toegeneem het.
Oor die jare het Kanada meer inisiatiewe aangegaan en het die hulpbronne verminder. Dit, tesame
met ’n stadige groeiende ekonomie en nuwe nasionale verpligtinge soos universele gesondheidsorg
en pensioenfonds moes die Kanadese begroting herrangskik word en prioriteite moes verander.
Daar was nie meer dieselfde hulpbronne beskikbaar vir middelmag- inisiatiewe of die weermag nie.
Dit het grootliks Kanada se vermoë beïnvloed om aan internasionale inisiatiewe deel te neem.
Onlangs het Kanada se posisie in die wêreld onder die loep gekom, en dit word bevraagteken of
Kanada nog werklik ’n middelmag is. Deur te kyk na verskillende tradisionele middelmagelemente
soos die ekonomie, vredeskepping, amptelike ontwikkelingsbystand en die betrokkenheid
in die multilaterale organisasies, word dit waargeneem dat Kanada se prominensie afneem. Deur
gebruik te maak van die gevallestudie van die Zimbabwe/Kanada-verhoudinge deur die 20ste en
21ste eeu, kan die afname van Kanada se middelmag-funksie waargeneem word. Met die
kombinering van reeds genoemde temas met die teorieë van harde en sagte mag, kan dit duidelik
gesien word dat Kanada nie meer dieselfde posisie van middelmag beklee wat dit eens gehad het
nie. Verder wys dit dat die Kanadese aan ’n beeld van Kanada vasklou wat ouderwets is, en dat dit
tyd is om Kanada se posisie te herdefinieer in die huidige wêreld orde.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/6698
Date03 1900
CreatorsBothwell, Alice
ContributorsVan der Westhuizen, Janis, University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Political Science.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format105 p. : ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0064 seconds