Return to search

Vertaling en die kindervers : ’n vergelykende studie van Afrikaanse en Franse vertalings

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: Few people realize exactly how complicated the translation of children’s poetry is. Translators do not
only have to adhere to the young readers’ desires and satisfy the adult critics, but are constantly
confronted with choices concerning the translation of the ‘play-element’ (structure) and the ‘visual
element’ (content) of children’s verses, i.e. the translation of cultural elements, figurative language,
pun, nonce words, onomatopoeia, alliteration, rhyme and meter. In addition, their translation strategies
are continually subjective to and restricted by the visual text (illustrations) in the source texts, which
interrelate with the verbal text (verses). In this descriptive, systematic analysis the Afrikaans and
French translations of Mother Goose’s nursery rhymes, Dr. Seuss’s rhyming picture books and Roald
Dahl’s verse fragments are compared to one another and the source texts in order to identify the
various translation strategies and theoretical translation approaches used by the various Afrikaans and
French translators, to make concrete observations about the translation of children’s poetry that can
be useful for translators, and to establish if it is indeed possible to create translations of children’s
verses that remain true to the ‘spirit’ of the original poetic texts, can function as autonomous texts in
the target system, and that can supplement the Afrikaans and French children’s literature systems.
__________________________________________________________________________ / AFRIKAANSE OPSOMMING: Min mense besef hóé ingewikkeld die vertaling van kinderverse eintlik is. Vertalers moet nie net
tegelykertyd aan jong lesers se behoeftes voldoen en volwasse kritici tevrede stel nie, maar word ook
deurgaans gekonfronteer met keuses wat betref die vertaling van die spel-element (struktuur) en
visuele element (inhoud) van kinderverse, o.a. die vertaling van kultuurgebonde verwysings,
beeldspraak, woordspel, neologisme, onomatopee, alliterasie, rym en metrum. Daarbenewens word
die vertalers se vertaalstrategieë beïnvloed en beperk omdat die visuele teks (illustrasies) in die
brontekste deurgaans met die verbale teks (verse) in gesprek tree. In dié deskriptiewe
sisteemondersoek word die Afrikaanse en Franse vertalings van Moeder Gans se kinderrympies, Dr.
Seuss se versverhale en Roald Dahl se prosimetriese kinderstories met mekaar en die brontekste
vergelyk om die verskillende vertaalstrategieë en teoreties gefundeerde vertaalbenaderings wat deur
die onderskeie Afrikaanse en Franse vertalers toegepas is, te identifiseer, konkrete bevindinge oor die
vertaling van die kindervers te maak wat vir toekomstige vertalers van praktiese nut kan wees, en te
bepaal of dit inderdaad moontlik is om vertalings van kinderverse te skep wat getrou bly aan die ‘gees’
van die oorspronklike gedigtekste, as selfstandige tekste in die doelsisteem kan funksioneer, en die
Afrikaanse en Franse kinder- en jeugliteratuursisteme kan aanvul.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/71863
Date12 1900
CreatorsFouche, Marietjie
ContributorsFeinauer, A. E., Du Toit, M. C. K., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format533 p. : col. ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds