Return to search

Bahai-geloof in Suid-Afrika : n' Godsdienswetenskaplike studie / The Bahai faith in South Africa : a religious study

Text in Afrikaans / Die Baha'i-geloof is 'n nuwe onafhanklike wereldreligie en is
redelik onbekend onder die bree Suid-Afrikaanse publiek. Hierdie
kwalitatiewe studie (gebaseer op die fenomenologiese metode) het
ten doel om die Baha'i-fenomeen op 'n nie-veroordelende wyse sander
vooroordele te beskryf en om die Baha'is se eie Suid-Afrikaanse
ervaring te registreer.
Dit geskied eerstens deur 'n bespreking van die Baha'ise historiese
gebeure (deel 1). Op hierdie wyse word die geloof in sy religieuse
familiegroepering geplaas. Terselfdertyd verklaar hierdie
deel die ontstaan en ontwikkeling van die Baha'i-geloof wereldwyd
en in Suid-Afrika. Dit herdefinieer die verbondsgedagte
en toon hoe Baha'is die eenheidsgedagte en die uitlewing van Baha
'u' llah se boodskap via die skepping van 'n Administratiewe
orde vormgee.
Sentrale Baha'i-konsepte (deel 2) aangaande die geestelike dimensie
van die geloof word hierna aangestip. Dit word uitgebou met
ongestruktureerde onderhoude met versigtig gekose deelnemers,
waarin Baha'is dus self hul geloof in terme van die Baha'i-administrasie,
wette, byeenkomste en bepalings, Godsbegrip en eskatologie
sowel as hul antropologie en geskiedenis uitspel. Dit word
ooreenkomstig die sentrale temas bespreek sodat 'n Baha'i-geheelbeeld
gekonseptualiseer kan word. Dit word afgesluit met 'n bespreking
van die Baha'i-wereldstaat as die vervulling van die
profesie van die nuwe hemel en aarde.
Verskeie gevolgtrekkings word uit hierdie data gemaak. Dit toon
hoe die Baha'is Baha'u'llah se boodskap as sleutel gebruik sodat
die moderne mens na die vestiging van 'n nuwe wereldkultuur gelei
word. Hierdie strewe bekragtig die Baha'i-strategie en motto van
eenheid in die verskeidenheid, en word as die oplossing vir
die hedendaagse probleme van die moderne mens aangebied. Daar
word dan met die Suid-Afrikaanse Baha'i-toekomsbeskouing afgesluit. / The Baha'i Faith is a new independent world religion and is vastly
unknown to the South African public. The purpose of this qualitative
research (based on the phenomenological method) is to
describe the Baha'i phenomenon in an unbiased, non-judgemental
way so that the own South African Baha'i experience is registered.
The Baha'i history (part 1) is discussed first in order to place
this faith in its own religious framework and to explain its origin
and development worldwide as well as in South Africa. It
establishes the message of the Covenant and shows how Baha'is are
proclaming the unity idea and the message of Baha'u'llah via the
establishment of the Administrative order.
Central Baha'i concepts (part 2) concerning the spiritual dimension
of the Baha'i faith are explored. It is expanded via unstructured
interviews with carefully selected participants in
order to let Baha'is explain their own administration, laws and
regulations, concepts about God and their escatology as well as
their anthropology and history. This is done in accordance to the
central themes so that a total picture of Baha'i could be conceptualised.
It ends with a discussion of the Baha'i worldstate as
the fulfillment of the new heaven and earth prophecy.
Different conclusions are made from these data. It shows how the
Baha'is are using Baha'u'llah's message as the key in order to
lead man to the establishment of a new modern world culture. This
culture will be the fulfillment of the Baha'i strategy and motto
of unity in diversity and serves as the Baha'i answer to the
modern day problems. The thesis ends with the South African expectations
of the future / Religious Studies and Arabic / D.Th. (Religious Studies)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17696
Date11 1900
CreatorsSchulz, Johannes Joagim Christoffel
ContributorsKruger, J.S.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (v, 493 leaves)

Page generated in 0.0025 seconds