Return to search

Pastoraat aan persone met Tourettesindroom en hulle gesinne

Summaries in Afrikaans and English / Text in Afrikaans / Tourettesindroom is 'n lewenslange versteuring wat gekenmerk
word deur motoriese en vokale trekkings saam met moontlik
ook komorbiede simptome soos aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring,
obsessief-kompulsiewe versteuring, aggressie en
depressie. Die sindroom kom in hoe mate in Suid-Afrika voor
en die pastor kan dus heel moontlik daarmee te doen kry.
Die beste behandeling vir die sindroom is medikasie saam met
gedrags- en gesinsterapie toegedien deur 'n multidissiplinere
span. Die pastor het 'n rol om te vervul in
hierdie span
probleme het
aangesien persone met Tourettesindroom dikwels
in hulle verhoudings met God, hulleself en
ander mense. Vir effektiewe pastorale berading aan sodanige
persone, moet die pastor deeglike kennis he van die sindroom
en die simptome daarvan, asook van sy of haar invalshoek as
pastor. 'n Moontlike kernmoment van die sindroom wat deur
die pastor aangespreek kan word, is die verlies aan beheer
wat deur dje lyer ervaar word. Die sindroom kan as 'n
verskoning
gedrag en
gebruik word vir negatiewe en onverantwoordelike
die pastor sal die lyer dus moontlik eties moet
konfronteer op 'n medemenslike wyse. / Tourette Syndrome is a lifelong disorder. Symptoms are
motoric and vocalic tics with possible comorbid symptoms
such as attention deficit disorder with hyperactivity,
obsessive-compulsive disorder, and depression. It is
frequent among South Africans and the pastor will probably
be confronted with persons struggling with the syndrome.
The best therapy for Tourette Syndrome is medication in
conjunction with behaviour and family therapy administered
by a multi-disciplinary team. Persons with Tourette
Syndrome have problems maintaining relationships with God,
themselves and others. The pastor therefore has a definite
role to play in the team. Knowledge of the syndrome and its
symptoms, and of pastoral care are essential for succesful
pastoral counseling. A possible central theme of the
syndrome is the loss of control experienced by the person
with the syndrome. The syndrome can become an excuse for
negative and irresponsible behaviour and ethical
confrontation may be necessary. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M. Th. (Praktiese Teologie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17805
Date11 1900
CreatorsVerhoef, Johanna
ContributorsDe Jongh van Arkel, Jan, Dreyer, J. S.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (iv, 79 leaves)

Page generated in 0.0017 seconds