Text in Afrikaans / Weens die veeleisende aard van sorggewing aan VIGS-weeskinders, bevind die sorggewers hulle dikwels in 'n posisie waar hulle self sorg en ondersteuning nodig het. Die vraag het begin ontstaan op watter manier hierdie sorggewers ondersteun kan word. Dit het duidelik geword dat die kerk vanuit hul sosiale verantwoordelikheid sorg en ondersteuning aan die sorggewers kan bied.
Sorggewers van een instansie wat aan die navorsingsreis deelgeneem het, het inderdaad nie genoeg sorg en ondersteuning van die kerk ontvang nie. Hierdie gebrek aan ondersteuning het 'n direkte invloed op die sorggewers se hantering van sorggewingseise. Sorggewers van die ander twee deelnemende instansies ontvang genoeg ondersteuning van lidmate, en dit maak 'n groot verskil aan hoe sorggewingspanning beleef word. In hierdie studie is daar krities gekyk na wyses waarop die kerk betrokke is en verder kan betrokke raak by die sorggewers van VIGSweeskinders. / Philosophy, Practical & Systematic Theology / M.Th. (Praktiese Teologie)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/1107 |
Date | 01 January 2002 |
Creators | Strydom, Marina |
Contributors | Kotzé, E. (Dr.), Theron, J.J. (Prof.) |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (85 leaves) |
Page generated in 0.0022 seconds