Return to search

'n Maatskaplikewerk-profiel van persoonsontbering in die Swartland met spesifieke verwysing na die groter Chatsworth-gebied

Magister Artium - MA / Hierdie skripsie wil die mens en sy ervarings, of dit wat hy binne 'n bepaalde gebied beleef, blootlê. Daarmee saam kom 'n duidelike teoretiese beskouing na vore om die persoon in sy gedepriveerde gemeenskap uit te beeld. Die karakter van die gebied weerspiël die volgende kenmerke: Dit is landelik van aard, 'n beduidende afstand vanaf stedelike ontwikkeling geleë, en dit word as 'n "slaapdorp"
ervaar. Histories word die gebied bykans 'n honderd jaar deur die inwoners en hul voorgeslagte bewoon, maar as gevolg van poli tieke rompslomp het ontwikkeling nooi t werklik plaasgevind nie. Die probleme wat in die gebied tydens navorsing aanwesig was, is die volgende: Onvoldoende infrastrutuur, watervoorsiening is gebrekkig, riolering kom nie voor nie, gesondheidsdienste word periodiek gelewer, en werksgeleenthede moet buite die gebied bekom word. Die haglike woonomstandighede het die inwoners se lewensverwagting
geaffekteer en ongelukkigheid meegebring. Die doel van die navorsing is om 'n geheelbeeld te verkry van die gebied se probleme en behoeftes, hoe die inwoners daaroor voel en wat die mense dink gedoen kan word om, ten spyte van die heersende probleme, hul lewensomstandighede te verbeter. Dit wil sê die ondersoek poog om te bepaal wat die werklike lewensomstandighede van die mense in die Groter Chatsworthgebied (Chatsworth en Riverlands gekombineerd) is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/7439
Date January 2002
CreatorsBlankenberg, Jurine Henry
ContributorsSmall, Adam
PublisherUniversity of Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of Western Cape

Page generated in 0.0017 seconds