Return to search

Televisie en resepsiestudie : 'n analise van kykersinterpretasie van die seep-opera Egoli - Plek van Goud

Hierdie proefskrif is 'n verkennende ondersoek na kykers se interpretasie van die seep-opera Egoli - Piek
van Goud. Die basiese vertrekpunt van die studie is die teks-leserontmoeting waar gelyke status aan die boodskap ('n teks) en die ontvanger ('n kyker) gegee word. Uit so 'n ontmoeting ontstaan kykers se interpretasies. Die tweeledige ondersoek plaas die proefskrif binne die teoretiese en metodologiese raamwerk van resepsiestudie om die komplekse interaksie tussen 'n teks en die ontvanger te ondersoek.
Die twee komponente word binne spesifieke historiese en kulturele kontekste geplaas, te wete die veranderende politieke en ideologiese klimaat in Suid-Afrika asook die sosio-kulturele en politieke kontekste van die deelnemers.
Die deelnemers van hierdie studie is groepe bruin-, swart- en witvroue. Groeponderhoude (fokusgroepe) is met ses groepe vroue tydens hul etensuur by die werkplek gevoer. Die onderhoude is rondom die volgende temas gestruktureer: romanse, identifikasie, parasosiale interaksie, sosiale interaksie, intertekstualiteit en Egoli as 'n forum vir die uitbeelding van Suid-Afrikaanse werklikhede.
Kykers se interpretasie van die temas is ontleed aan die hand van referensiele, onderhandelde en kritiese interpretasierame. Daar is gevind dat die verskillende kultuurgroepe in 'n groat mate dieselfde
interpretasierame gebruik in hul interpretasie van die verskillende temas. Die opvallendste verskil tussen die groepe is die wyse waarop die deelnemers die tema Egoli as 'n forum vir die uitbeelding van die SuidAfrikaanse werklikhede vertolk: as gevolg van verskillende sosio-kulturele en politieke omstandighede in Suid-Afrika het die deelnemers waarskynlik interpretasierame ontwikkel wat aan daardie omstandighede gekoppel kan word.
In die studie is aangetoon dat die hermeneutiek en resepsieteorie nuttige verklarings gee van die elemente in die seep-operateks wat kykersbetrokkenheid stimuleer en die proses van interpretasie. Die proses verloop soos volg: deelnemers het bepaalde verwagtings oor 'n program; hulle moet die uitgebeelde werklikheid(e) herken en die boodskappe dan toe-eien. Hierna word boodskappe 'n kultuur binnegedra deur middel van sosiale diskoers. Die teoretiese onderbou het voorts aan die lig gebring dat deelnemers se interaksie met
en interpretasie van Egoli 'n vorm van spel is. Empiriese bewyse is gevind dat die deelnemers op speelse wyse
• oor karakters 'skinder';
• spekuleer oor romantiese assosiasie;
• met karakters identifiseer; en
• parasosiale verhoudings met karakters aanknoop. / Text in Afrikaans / This thesis is an exploratory study of viewers' interpretation of the soap opera Egoli - Place of Gold. The basic point of departure is the text-viewer encounter where equal status is given to the message (text) and the recipient (viewer). Viewers' interpretations develop from this encounter. This dichotomous investigation places the thesis within the theoretical and methodological framework of reception study
where the complex interaction between a text and the recipient is examined. The two components are placed within specific historical and cultural contexts, namely the changing political and ideological climate in South Africa, as well as the socio-cultural and political contexts of the participants.
The groups participating in this study consisted of coloured, black and white women. Six group interviews (focus groups) were held with these women during their lunch-hour at the workplace. The interviews were structured around the following themes: romance, identification, parasocial interaction, social interaction,intertextuality and Egoli as a forum for the portrayal of South African realities.
Viewers' interpretations of these themes were analysed according to referential, negotiated and critical interpretative frames. It was largely found that the various cultural groups use the same interpretative
frames to interpret the various themes. The exception was the way participants interpreted Egoli as a forum for the portrayal of South African realities: because of different socio-cultural and political
circumstances in South Africa the participants may have developed interpretation frames that could be linked to these circumstances.
Hermeneutics and reception theory provide useful explanations of these elements in a soap opera text that stimulate viewers' involvement and the process of interpretation. This process proceeds as follows:
participants have specific expectations regarding a programme; they must recognise the realities depicted and then appropriate the messages. Thereafter messages are incorporated into a culture by means of social discourse. A further important theoretical finding was that the participants' interaction with and interpretation of Egoli takes the form of play. It was empirically determined in this study that participants playfully
• speculate about romantic association;
• engage in gossip about characters;
• identify with characters; and
• develop parasocial relationships with characters. / Summaries in English and Afrikaans / Communication Science / D. Litt. et Phil. (Communication Science)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/15793
Date04 1900
CreatorsPitout, Magriet
ContributorsFourie, P. J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
Format1 online resource (ix, 322 leaves)

Page generated in 0.0021 seconds