Return to search

The effect of high intensity interval training on the post-exercise hypotensive response in overweight/obese young women

Thesis (MScSportSc)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: There are extensive literature on the PEH response after acute and chronic aerobic and resistance exercise, as well as a few studies on concurrent and water exercise. However, there is comparatively little evidence that high intensity interval training (HIIT) elicits similar post exercise blood pressure reductions (PEH) compared to other types of exercise. Furthermore, it is difficult to quantify the magnitude of the hypotensive response following these exercises, due to variations in exercise protocols in terms of intensity and duration. Both these training variables are considered important determinants of the magnitude and duration of the PEH response.
The current study determined the magnitude of the PEH response after an acute bout and six sessions of HIIT, and the effects after two weeks of detraining in overweight/obese young women.
Twenty young women (aged 21 ± 2 years) volunteered for the study. All the subjects were normotensive (SBP: 119.2 ± 5.6 mmHg and DBP: 78.8 ± 4.1 mmHg). Subjects performed six sessions of HIIT within two weeks and detrained for two weeks. SBP, DBP, MAP and HR were monitored during seated recovery after exercise for 60 min to determine the change from resting values. The overall outcome showed that an acute HIIT session resulted in a reduction of 2.9 mmHg in SBP which approached near clinical significance, while six sessions of HIIT caused a clinically significant reduction of 5.3 mmHg; this response was almost totally reversed after detraining. There were no clinically significant reductions in DBP after the acute or six sessions of HIIT (1.7 and 2.7 mmHg, respectively). However, a clinically significant hypotensive response of 3.9 mmHg was sustained after detraining following the maximal exercise capacity test. MAP also reduced by a magnitude of 2.3 and 5.6 mmHg, respectively, after the acute bout and six sessions of HIIT, and detraining values were still 2.9 mmHg lower than resting values and approached near clinical significance.
The results indicate that both an acute bout and six sessions of HIIT elicited a meaningful PEH response. However, the six sessions of HIIT caused a clinically significant reduction which was approximately twice the acute session. Likewise, detraining showed clinically significant effects in DBP and MAP, but SBP returned to near baseline values. This suggests that in only two weeks, the accumulated effects of six sessions of HIIT elicited a greater hypotensive response than after an acute session of HIIT. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar is omvattende literatuur oor die post-oefening hipotensie (POH) na afloop van akute en kroniese aërobiese en weerstandsoefeninge, asook enkele studies oor gelyktydige krag- en uithouvermoë- en wateroefeninge. Daar is egter relatief min bewyse dat hoë intensiteit interval oefening (HIIO) soortgelyke post-oefening afnames in bloeddruk (POH) in vergelyking met ander tipes oefening veroorsaak. Voorts is dit moeilik om die omvang van die hipotensiewe respons na afloop van oefening te kwantifiseer, hoofsaaklik as gevolg van die variasies in oefeningprotokolle in terme van intensiteit en tydsduur. Beide hierdie inoefeningveranderlikes word as belangrike determinante van die omvang en die tydsduur van die POH respons beskou.
Die huidige studie het die omvang van die POH respons na ʼn akute sessie en ses sessies HIIO, en die gevolge na afloop van twee weke se nie-inoefening (“detraining”) by oorgewig/vetsugtige jong dames, bepaal.
Twintig jong dames (ouderdom 21 ± 2 jaar) het vrywillig ingestem om aan die studie deel te neem. Al die deelnemers was normotensief (SBD: 119.2 ± 5.6 mmHg en DBD: 78.8 ± 4.1 mmHg). Die deelnemers het ses sessies HIIO binne twee weke voltooi en het daarna vir twee weke geen inoefeningsessies gehad nie. SBD, DBD, GAD en HS is tydens ʼn sittende herstelfase vir 60 minute gemonitor om die verandering vanaf rustende waardes te bepaal.
Die algehele uitkoms toon dat ʼn akute HIIO sessie ʼn afname van 2.9 mmHg in SBD tot gevolg gehad het wat aan kliniese betekenisvolheid grens, terwyl ses sessies van HIIO ʼn klinies betekenisvolle afname van 5.3 mmHg veroorsaak het; hierdie respons wat bykans volledige omgekeerd na die twee weke met geen inoefening. DBD het geen kliniese betekenisvolle afname na afloop van die akute of ses sessies van HIIO getoon nie (1.7 en 2.7 mmHg, respektiewelik). ʼn Klinies betekenisvolle hipotensiewe respons van 3.9 mmHg is egter gevind na die geen inoefeningsperiodes. GAD het ook met ʼn omvang van 2.3 en 5.6 mmHg, respektiewelik, verminder na afloop van die akute sessie en ses sessies van HIIO. Die geen inoefening waardes was steeds 2.9 mmHg laer as die rustende waardes en het aan kliniese betekenisvolheid gegrens.
Die resultate toon dat beide ʼn akute sessie en ses sessies van HIIO ʼn betekenisvolle POH respons ontlok het. Ses sessies van HIIO het egter ʼn klinies betekenisvolle afname, wat ongeveer twee keer soveel as die afname van die akute sessie was, veroorsaak. In dieselde lig het ʼn twee weke geen inoefeningsperiode steeds klinies betekenisvolle veranderinge in DBD en GAD getoon, maar SBD het tot naby aan die basislyn waardes teruggekeer. Hierdie resultate suggereer dat in slegs twee weke die geakkumuleerde effekte van ses sessies van HIIO ʼn groter hipotensiewe respons as na ʼn akute sessie van HIIO ontlok het.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/85809
Date12 1900
CreatorsBonsu , Biggie
ContributorsTerblanche, E., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Sport Science.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxxii, 186 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0049 seconds