Return to search

Die wingerdwerkers in die Worcester-omgewing se variƫteit van Afrikaans

M.A. / Primere doelstelling 'n Sosiolinguistiese beskrywing van die taalgebruik van wingerdwerkers, wat 'n relatief eentalige, homogene taalgemeenskap is. Sekondere doelstellings Die saamstel van 'n wingerd-leksikon. Die gee van 'n transkripsie van dele uit Bacchus in die Boland op grond van die veranderlike uitspraakvorme wat deur die navorsing vasgestel is. 'n Voorondersoek is eers onderneem om to bepaal of hierdie spesifieke groep sprekers se taalgebruik enigsins uniek is as dit vergelyk sou word met die ondersoeke wat reeds op die gebied in ander bruin gemeenskappe gedoen is. Gedurende die voorondersoek is slegs met 'n paar respondente gesels (twee manlike wingerdwerkers op die wynplaas Louwshoek, drie manlike wingerdwerkers op die wynplaas Merwida en een manlike wingerdwerker op die wynplaas Klein Pokkraal). Daar is ook vroulike wingerdwerkers, maar die onderskeie plaasbestuurders het telkens voorgestel met wie gesels moes word, omdat die werkers volgens hulle "baie geselserig" is. Die werkers wat deur hulle vir onderhoude uitgewys is, was almal manlik. Tydens die hoofondersoek is onderhoude met vroulike wingerdwerkers sowel as met kinders van die werkers gevoer. Al die onderhoude is op band geneem. Onderhoude wat op band geneem word, is the heeltemal natuurlik the, want "Interview speech is formal speech" en "monitored and controlled in response to the presence of an outside observer." Die ondersoeker het as vreemdeling (slegs bekend gestel aan respondente kort voor die onderhoude, wat wel vooraf gereel is en waartoe respondente toestemming verleen het) met 'n bandopnemer opgedaag en informeel met werkers probeer kommunikeer. Sommige respondente was ontspanne en het gemaklik op vrae reageer, terwyl ander duidelik ongemaklik was met die ondersoeker en die bandopnemer. Hierdie ongemak het veroorsaak dat respondente vrae in kort, eenvoudige sinne beantwoord het of baie sag of binnensmonds gepraat het. Dit het aanvanklik 'n in diepte studie van die wingerdwerkers se taalgebruik bemoeilik.Om hierdie rede is tydens 'n volgende ondersoek op 'n gemakliker basis met respondente kommunikeer. Tydens die hoofondersoek is genoemde probleme grootliks uitgeskakel deur die respondente se taalgebruik sover moontlik in hul natuurlike sosiale konteks te bestudeer. Bandopnames is gemaak tydens interaksie met familielede en vriende asook tydens sosiale geleenthede. 'n Ooglopende oplossing was om tydens hul werksure in die wingerde na die respondente te gaan luister. Hierdie projek was baie tydrowend, maar beslis lonend, aangesien die sprekers in 'n vertroude omgewing en situasie tussen bekendes is en sodoende is juis hul alledaagse, natuurlike taalgebruik op band vasgele. Hierdie situasie was ideaal vir die studie, aangesien dit meer spesifiek handel oor die taalgebruik (uitspraak, woordvorme, leksikon en sintaktiese vorme) van die wingerdwerkers in die aangeduide omgewing. Tydens die voorondersoek is vasgestel dat hierdie groep sprekers se taalgebruik verskille vertoon van die van ander bruin gemeenskappe, hoofsaaklik wat hul leksikon en omgangstaal betref, en dit was ook opvallend dat hierdie groep sprekers net oor 'n informele styl beskik.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:2883
Date21 August 2012
CreatorsVan den Heever, Petro-Thelma
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0222 seconds