Thesis (MPA (Public Management and Planning))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT:
Electronic government or e-Government has become a global phenomenon and is
seen as a tool to strengthen the performance of government and public
administration. An efficient and effective state administration is a necessary
requirement for economic and social development. This study describes to what
extent the e-Government policy of the PGWC compares with other e-Government
policies internationally and in particular the Australian e-Government policy.
South Africa as a young democracy can use the transformational power of the e-
Government approach to the benefit of government, business and the citizens of
the country if this approach is applied appropriately. e-Government offers the
opportunity to improve public services and can even reduce the gap that exists
between those who are computer literate and those who are not.
E-Government in the PGWC is still in the beginning phases compared to e-
Government in Australia, which has developed rapidly over the last decade. The
PGWC can learn from the Australian e-Government development process, with
Australians being regarded as one of the leading e-Government nations in the
world, according to the United Nations Organisation.
Even though the e-Government policy of the PGWC and the Australian e-
Government policy use a comparatively similar approach within the demographic
boundaries in which they exist, it was found that the socio-economic challenges of
South Africa as a developing country, still have an enormous influence on the
optimal application of the e-Government policy. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Elektroniese regering of e-Regering het ‘n wêreldwye verskynsel geraak en kan
gesien word as ‘n maatstaf vir die versterking van regeringsoptrede en publieke
administrasie. ‘n Effektiewe en doeltreffende staatsadministrasie is ‘n noodsaaklike
vereiste vir ekonomiese en sosiale ontwikkeling. Hierdie studie beskryf tot watter
mate die e-Regeringsbeleid van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering met ander
internasionale e-Regeringsbeleide vergelyk, veral met betrekking tot die e-
Regeringsbeleid van Australië.
As ‘n jong demokrasie kan Suid-Afrika die transformerende invloed van die eregerings
benadering tot die voordeel van die regering, besigheid en die burgers
van die land gebruik indien hierdie benadering korrek toegepas word. e-Regering
bied die geleentheid om publieke dienste te verbeter en kan selfs die bestaande
gaping vernou tussen diegene wat rekenaargeletterd is en diegene wat nie
rekenaargeletterd is nie.
e-Regering in die Wes-Kaapse Provinsiale Regering is nog in ‘n betreklike vroeë
stadium vergeleke met e-regering in Australië waar dit oor die laaste dekade snel
ontwikkel het. Die Wes-Kaapse Provinsiale Regering kan vanuit die
ontwikkelingsproses van die Australiese e-Regering leer, daar Australië deur die
Verenigde Volkere-organisasie as een van die voorste e-Regeringnasies in die
wêreld beskou word.
Selfs al toon die beleide van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering en die van
Australië ‘n relatief eenderse benadering tot e-Regering binne die demografiese
grense waarin hulle bestaan, is gevind dat die sosio-ekonomiese uitdagings van
Suid-Afrika as ‘n ontwikkelingsland steeds ‘n enorme invloed op die optimale
aanwending van e-Regering het.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/5223 |
Date | 12 1900 |
Creators | Jantjies, Stephan Omar |
Contributors | Burger, Naomi, University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0022 seconds