Wiskunde as taal van die wetenskap en tegnologie is een van die weinige vakke wat
spesifiek as voorvereiste vir die bestudering van sekere studierigtings gestel word.
Leerlinge met Wiskunde-angs word verhoed om hul ware potensiaal in Wiskunde te
verwesenlik en word sodoende gediskwalifiseer om hul regmatige plek in die
beroepswereld in te neem. Die doel van hierdie studie was om te bepaal of hipnoterapie
aangewend kan word om Wiskunde-angs tot werkbare vlakke te beperk sodat leerlinge
optimaal in Wiskunde kan presteer. Die aard, oorsake, aanvang, herkenning, verklaring,
gevolge, voorkoms en meting van Wiskunde-angs, die verband daarvan met
Wiskundeprestasie en die hulp wat onderwysers en hulpprogramme kan lewer, is
nagegaan. Daarna is hipnose en hipnoterapie beskou om te bepaal of dit as terapeutiese
hulpmiddel pedagogies verantwoordbaar is. 'n Hipnoterapieprogram is in werking gestel
en daar is bevind dat die proefpersone almal tot 'n mindere of meerdere mate daarby
gebaat het. / Mathematics as the language of science and technology is one of few subjects used as
entrance requirement to certain fields of study. Mathematics anxiety prohibits certain
pupils to reach their full potential in Mathematics and thus to obtain their rightful place
in the world of work. The aim of this study was to determine whether hypnotherapy can
be used to lower Mathematics anxiety levels to such an extend that pupils can optimally
achieve in Mathematics. The nature, causes, extent, recognition, explanation,
consequences, incidence and measurement of Mathematics anxiety, its relationship to
achievement in Mathematics, as well as the help that can be rendered by teachers and
treatment programmes were studied. Hypnotherapy was then examined to determine
whether its use was pedagogically justifiable. A hypnotherapy treatment programme was
introduced which was found to be to some extent beneficial to all the subjects used. / Psychology of Education / M. Ed. (Voorligting)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16191 |
Date | 11 1900 |
Creators | Theron, Gesiena Catharina |
Contributors | Burger, Sanet |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | English |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xvii, 292 pages) |
Page generated in 0.0026 seconds