Return to search

'n Histories-opvoedkundige ondersoek na die invloed van die sinkretisme op die moderne onderwys

Text in Afrikaans / Summary in Afrikaans and English / This study is an attempt to analyse and describe syncretism as an encompassing phenomenon from a historical-educational perspective. In recent times, the ideas of globalization, the influence of modern science, as well as certain ideas concerning modern education, are closely related to the manifestation of syncretism.
A study of various exemplars from the past and present disclosed the essences of syncretism, thus unveiling the religious growth-motives that underlie syncretism, which also played an important role in the development of Western civilization and the modem world. The multi-faith idea (the idea of unity and synthesis), the idea of secularization, and the idea of relativity, were identified as prominent characteristics of syncretism. The identification and analysis of the essences of syncretism and supporting religious principles. become possible when syncretism is set in opposition to the Biblical and reformational thought processes. Bible-based education provides an alternative to syncretism in a fast changing and post-modern world. It gives perspective on the instruction to people to care for and develop God's creation. The intrinsic characteristics of Bible-based education were used as evaluation criteria in an attempt to expose syncretism. The characteristics of Bible-based education which also provide a framework for establishing a corrective to the problematic educational situation, are the following:
• the acknowledgement of the Holy Trinity as central to man's existence;

• the Bible/Holy Scriptures as essential for a Christian world and life view;

• the essence of a Christian anthropology;

• education as the fulfilment of God's covenant with man;

• the directive role of Bible-based norms;

• the transfer of culture through education

• Biblical cosmology as an expression of the Christian faith;

• the reformational aspect of Bible-based education.
In the evaluation of syncretism, it was discovered that the relationship between man and the Holy Trinity would be negatively affected if the Christian religion were not regarded as the only source of truth concerning the salvation of man and the true meaning of life. The influence of syncretism necessitates a reformational and antithetical approach, which constantly emphasises the importance of the educator's role in the teaching and education of the child in the modem educational system. / In hierdie studie word gepoog om die sinkretisme as omvattende verskynsel vanuit 'n histories-opvoedkundige perspektief te ontleed en te omskryf. Die globaliseringsverskynsel, die inwerking van die modeme wetenskap en bepaalde idees in die moderne onderwys hang saam met die manifestasie van die sinkretisme in die eietyd.
In 'n eksemplariese verlede- en eietydse studie is grondig ondersoek ingestel na tendense en verskynsels wat die wesenlike van die sinkretisme openbaar. Religieuse grondmotiewe in die Westerse beskawingsontwikkeling het 'n wesenlike bydrae gelewer tot die opkoms van die sinkretisme van die moderne wereld. Die wesenskenmerke wat prominent in die eksemplariese ondersoek betreffende die realisering van die sinkretisme gemanifesteer het, was die multireligieuse/intergeloofsidee en sintesedenke (eenheidsidee), die sekulariseringsverskynsel en die relatiwiteitsverskynsel. Die identifisering en ontleding van die wesenskenmerke van die sinkretisme en ondersteunende religieuse grondmotiewe word moontlik indien die sinkretisme teenoor die Bybelse en reformatoriese denkhouding gestel word. Bybelgefundeerde onderwys bied 'n altematief vir die sinkretisme in 'n snel veranderende en postmodeme wereld en gee perspektief aan die mens se beheersingsopdrag in die skeppingswerklikheid. Die wesenskenmerke van Bybelgefundeerde onderwys is as evalueringskriteria aangewend in 'n poging om die sinkretisme in sy ware gedaante te ontbloot. Die wesenskenmerke wat terselfdertyd die raamwerk vir die daarstel van 'n korrektief vir die problematiese onderwyssituasie bied, is:
• God Drie-enig as sentrale uitgangspunt;
• die Bybel/Heilige Skrif as essensieel vir 'n Christelike lewens en wereldbeskouing;
• die Christelike mensbeeld (antropologie) as voorwaarde vir Bybel-gefundeerde onderwys
• onderwys en opvoeding as die bevestiging van God se verbond met die mens;
• die rigtinggewende rol van Bybelgefundeerde norme;
• kultuuroordrag en Bybelgefundeerde onderwys;
• die Bybelse skeppingsleer as 'n uitdrukking van die Christelike geioof;
• die refonnatoriese/gereformeerde inslag van Bybelgefundeerde onder­wys

In die evaluering van die sinkretisme is bevind dat die mens se grondverhouding met God Drie-enig aangetas word indien die Christelike godsdiens nie as die enigste bron van waarheid betreffende die mens se redding en toekomsverwagting beskou word nie. Die inwerking van die sinkretisme noodsaak in die moderne onderwyssisteem 'n reformatoriese en antitetiese denkhouding wat die mens deurlopend opskerp ten opsigte van sy rol as opvoeder in die opvoeding en onderwys van die kind. / Educational Studies / D. Ed. (History of Education)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/863
Date01 January 2002
CreatorsAucamp, Barend Bernardus
ContributorsVan Niekerk, E. J., djagegjj@unisa.ac.za
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xxii, 323 p.)

Page generated in 0.0025 seconds