Return to search

Die ontwerp van 'n entrepreneursgerigte leierontwikkelingsmodel vir adolessente

Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / The development of leadership potential in adolescents cannot be approached in a haphazard manner.
It ought to occur on the basis of a dynamic development model within a structured space. Such a
model should not only prepare adolescents for their current leadership role, but also, and more
particularly, its very nature should be more career-oriented. The question of what model will strive
to equip adolescents with greater entrepreneurially-orientated leadership knowledge, therefore
justifiably calls for closer investigation.
In this study, an attempt has been made to find a suitable model to meet these needs. With this in
mind, a study of the literature on the phenomenon of successful leadership was undertaken. Various
relevant aspects that incorporate organisationally-structured management, were also examined. This
enabled the researcher to develop a practice-oriented model from a study of the literature. In the
implementation of the research design, use was made of qualitative research methods and techniques
in order to collect and analyse relevant data. The study entailed 'action research' in which two
independant groups were involved. For this purpose, the research results of the second cycle were
concentrated on in order to reach findings and draw conclusions, and to make recommendations. This
research ultimately revealed that adolescents have a deep need for entrepreneurially-oriented leadership
development content. Individual participants also derived significant benefits from the implementation
of the model.
Owing to the success achieved with this research study, the management team of the school involved
has decided to establish a full-time entrepreneurship centre for its pupils. This study can therefore be
regarded as a contribution towards meeting the need for similar models in South African schools, in
a practical and viable way. / Die ontwikkeling van adolessente se leierspotensiaal is nie iets wat lukraak aangepak kan word nie.
Dit behoort aan die hand van 'n dinamiese ontwikkelingsmodel binne 'n gestruktureerde ruimte te
geskied. Sodanige model behoort adolessente nie alleen vir hul huidige leierskaprol voor te berei nie,
maar behoort in besonder ook 'n meer beroepsgerigte karakter te openbaar. Daar kan dus tereg gevra
word hoe die model behoort te lyk wat daarna streef om adolessente met groter entrepreneursgerigte
leierskapskennis toe te rus.
In hierdie studie is gepoog om vas te stel of 'n geskikte model gevind kan word wat aan bogenoemde
behoefte voldoen. Met die oog hierop, is 'n literatuurstudie oor die verskynsel van suksesvolle
leierskap onderneem. Daarbenewens is verskeie toepaslike aspekte waarbinne die bestuurswese hom
in 'n organisatoriese struktuur vergestalt, ook van nader beskou. Dit het die navorser in staat gestel
om 'n praktykgerigte model vanuit 'n literatuurstudie te ontwikkel. Tydens die implementering van die navorsingsontwerp, is van kwalitatiewe navorsingsmetodes en -tegnieke gebruik gemaak om
relevante data in te samel en te analiseer. Die studie het voorts die vorm van aksienavorsing
aangeneem waarby twee onafhanklike groepe betrek is. Vir die doeleindes is daar op die
navorsingsresultate van die tweede siklus gekonsentreer om bevindinge, gevolgtrekkings en
aanbevelings te maak. Hierdie navorsing het uiteindelik getoon dat adolessente 'n groot behoefte aan
entrepreneursgerigte leierontwikkelingsinhoude toon, terwyl individuele deelnemers baie baat by die
implementering van sodanige model gevind het.
Op grond van die sukses wat met hierdie navorsingstudie behaal is, het die bestuurspan van die
betrokke skool besluit om 'n voltydse entrepreneurskapsentrum vir sy leerlinge tot stand te bring.
Hierdie studie kan derhalwe beskou word as 'n bydrae om die behoefte aan soortgelyke modelle in
Suid-Afrikaanse skole op 'n prakties-uitvoerbare wyse te vervul. / Psychology of Education / D. Ed. (Sielkundige Opvoedkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17989
Date06 1900
CreatorsDe Wilzem, Ettiene, 1959-
ContributorsSchulze, Salomé
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xiv, 250 leaves)

Page generated in 0.0026 seconds