Beginneronderwysers moet die geleentheid kry om om hul onderwysvaardighede te verbeter en hul professionele identiteit te ontwikkel. Daar word internasionaal ervaar dat beginneronderwysers die onderwysprofessie binne twee tot vyf jaar verlaat indien hulle nie voldoende ondersteuning en opleiding deur mentorskap ontvang nie. Die navorsing word gerig na aanleiding van die primêre navorsingsvraag naamlik: Hoe word mentorskap toegepas tussen die Grondslagfase-departementshoof en die beginneronderwyser?
Uit die navorsingsprobleem soos hierbo gestel, is die volgende sekondêre navorsingsvrae geformuleer.
Sekondêre navorsingsvrae
1. Hoe word die uitdagings van dissipline en klaskamerbestuur deur middel van mentorskap aangespreek?
2. Hoe kan mentorskap bydra om vakkennis en kurrikulumontwikkeling te versterk?
3 Watter aspekte van mentorskap dra by tot beter gehalte van onderwys en metodiek wat die beginneronderwyser in die klaskamer gebruik?
4. Hoe word mentorskap aangewend in die vestiging van _ verhouding tussen die beginneronderwyser en medekollegas, ouers en leerders?
5. Hoe word onderwysprofessionalisme ontwikkel en versterk deur mentorskap?
Die navorser het _ kwalitatiewe navorsingsbenadering gevolg en die navorsings-ontwerp was _ gevallestudie binne _ interpretivistiese / konstruktivistiese paradigma. Die data is ingesamel deur semi-gestruktureerde onderhoude met die deelnemers waartydens hulle oop vrae (hoe? hoekom?) beantwoord het. Die vrae is vooraf opgestel volgens die temas van die konseptuele raamwerk soos geïdentifiseer uit die literatuurstudie.
_ Doelgerigte steekproef wat aan voorafbepaalde kriteria voldoen het, is in die kwalitatiewe navorsingstudie gebruik. Die steekproef het bestaan uit skoolhoofde, departementshoofde en beginneronderwysers by vyf verskillende Afrikaanse laerskole in die Tshwane-Noord-distrik van Pretoria. Laerskole is telefonies gekontak
en die skole wat beginneronderwysers aangestel het, is geïdentifiseer. Daarna is die skoolhoofde gekontak en toestemming verkry om navorsing by hul skole te doen.
Die bevindings en aanbevelings van die studie is aan die deelnemers voorgelê sodat hulle die akkuraatheid en betroubaarheid daarvan kon verifieer. Die navorser het gepoog om die studie te trianguleer deur verskillende metodes te gebruik, naamlik _ literatuurstudie, asook die evaluering en vergelyking van inligting uit semi-gestruktureerde onderhoude om die geldigheid en betroubaarheid van bevindings te toets. Die deelnemers aan die studie se identiteite is beskerm deur van skuilname gebruik te maak – vir sowel die individue as die laerskole wat aan die studie deelgeneem het.
My opsommende bevinding is dus dat die voordele van mentorskap legio is en sodra nuwe onderwyser doeltreffend bemagtig word deur mentorskap, hy/sy die geleentheid kry om te groei en ontwikkel om sy profesionele potensiaal ten volle te ontwikkel. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2019. / Education Management and Policy Studies / MEd / Unrestricted
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/76757 |
Date | January 2019 |
Creators | Oosthuizen, Estie |
Contributors | Du Plessis, Andre, estie001@gmail.com, Eberlein, Eric |
Publisher | University of Pretoria |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Rights | © 2020 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. |
Page generated in 0.003 seconds