• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Mentorskap tussen die Grondslagfase departementshoof en die beginneronderwyser

Oosthuizen, Estie January 2019 (has links)
Beginneronderwysers moet die geleentheid kry om om hul onderwysvaardighede te verbeter en hul professionele identiteit te ontwikkel. Daar word internasionaal ervaar dat beginneronderwysers die onderwysprofessie binne twee tot vyf jaar verlaat indien hulle nie voldoende ondersteuning en opleiding deur mentorskap ontvang nie. Die navorsing word gerig na aanleiding van die primêre navorsingsvraag naamlik: Hoe word mentorskap toegepas tussen die Grondslagfase-departementshoof en die beginneronderwyser? Uit die navorsingsprobleem soos hierbo gestel, is die volgende sekondêre navorsingsvrae geformuleer. Sekondêre navorsingsvrae 1. Hoe word die uitdagings van dissipline en klaskamerbestuur deur middel van mentorskap aangespreek? 2. Hoe kan mentorskap bydra om vakkennis en kurrikulumontwikkeling te versterk? 3 Watter aspekte van mentorskap dra by tot beter gehalte van onderwys en metodiek wat die beginneronderwyser in die klaskamer gebruik? 4. Hoe word mentorskap aangewend in die vestiging van _ verhouding tussen die beginneronderwyser en medekollegas, ouers en leerders? 5. Hoe word onderwysprofessionalisme ontwikkel en versterk deur mentorskap? Die navorser het _ kwalitatiewe navorsingsbenadering gevolg en die navorsings-ontwerp was _ gevallestudie binne _ interpretivistiese / konstruktivistiese paradigma. Die data is ingesamel deur semi-gestruktureerde onderhoude met die deelnemers waartydens hulle oop vrae (hoe? hoekom?) beantwoord het. Die vrae is vooraf opgestel volgens die temas van die konseptuele raamwerk soos geïdentifiseer uit die literatuurstudie. _ Doelgerigte steekproef wat aan voorafbepaalde kriteria voldoen het, is in die kwalitatiewe navorsingstudie gebruik. Die steekproef het bestaan uit skoolhoofde, departementshoofde en beginneronderwysers by vyf verskillende Afrikaanse laerskole in die Tshwane-Noord-distrik van Pretoria. Laerskole is telefonies gekontak en die skole wat beginneronderwysers aangestel het, is geïdentifiseer. Daarna is die skoolhoofde gekontak en toestemming verkry om navorsing by hul skole te doen. Die bevindings en aanbevelings van die studie is aan die deelnemers voorgelê sodat hulle die akkuraatheid en betroubaarheid daarvan kon verifieer. Die navorser het gepoog om die studie te trianguleer deur verskillende metodes te gebruik, naamlik _ literatuurstudie, asook die evaluering en vergelyking van inligting uit semi-gestruktureerde onderhoude om die geldigheid en betroubaarheid van bevindings te toets. Die deelnemers aan die studie se identiteite is beskerm deur van skuilname gebruik te maak – vir sowel die individue as die laerskole wat aan die studie deelgeneem het. My opsommende bevinding is dus dat die voordele van mentorskap legio is en sodra nuwe onderwyser doeltreffend bemagtig word deur mentorskap, hy/sy die geleentheid kry om te groei en ontwikkel om sy profesionele potensiaal ten volle te ontwikkel. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2019. / Education Management and Policy Studies / MEd / Unrestricted
2

Inskakeling, leiding en ondersteuning van die beginneronderwyser via 'n effektiewe mentorstelsel in Mpumalanga skole / The induction, leadership and support to the newly appointed teacher via an effective mentor system in Mpumalanga schools

Van Vreden, Marisia Helena 04 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die studie poog om die doeltreffendheid van beginneronderwysers se aanpassing en ervaring van werksbevrediging in werksomstandighede te hersien. Enige organisasie kan nuwe mense aanstel maar kan nie verwag dat hierdie "aanstelling" hul beste werk lewer en doelwitte bereik voordat die persoon aangepas is in sy werk, omgewing en by sy kollegas nie (Steyn & Van Niekerk 2008:205, Steyn 2004:82, Whitaker 2001:7, Arends & Phurutse 2009:7). Beginneronderwysers moet leiding en ondersteuning ontvang om so gou as moontlik effektief by die skool in te skakel sodat hulle 'n produktiewe bydrae kan lewer ten opsigte van opvoeding en onderrig vir leerders en die onderwys in Suid-Afrika. Met hierdie navorsing wil die navorser dus ondersoek in stel om te bepaal of beginneronderwysers goed genoeg toegerus word om aan te pas en in te skakel by werksomstandighede en of hulle werksbevrediging ervaar. Die navorsingstudie is gedoen deur agt beginneronderwysers in vier laerskole in die Gert Sibande-streek van Mpumalanga te betrek. In hierdie studie maak die navorser gebruik van die kwalitatiewe navorsingsbenadering. Die kwalitatiewe navorsingsmetode is die geskikste metode om die ervarings van beginneronderwysers te beskryf. Individuele onderhoudvoering is dat data insamelingstegnieke gebruik om vas te stel wat die aard, omvang en moontlike oplossings is vir die navorsingsprobleem. Die navorsingstudie het bevind dat die beginneronderwyser begeleiding en ondersteuning benodig tydens inskakeling. Positiewe strategieë sluit in inskakelingsprogramme, handleidings asook ervare toegewysde mentors. Uit die bevindinge van die navorsing is daar ongetwyfel 'n sterk behoefte aan leiding en ondersteuning vir beginneronderwysers om effektief in te skakel by die skool. Beginneronderwysers moet bemagtig word om optimaal te kan ontwikkel, hulself te bevorder en te kan handhaaf in die onderwys in Suid-Afrika. / The study aims to review the effectiveness of novice teachers' adaptation and experience of job satisfaction in working conditions. Any organisation can appoint new people but cannot expect that this "appointment" to do their best work and reach goals before the person has been adapted in his work environment and to his colleagues (Steyn & Van Niekerk 2008: 205, Steyn 2004: 82, Whitaker 2001: 7 Arends & Phurutse 2009: 7). Beginner teachers should receive guidance and support quickly and effectively as soon as possible at school so they have a productive contribution to education and training for students and education in South Africa. This research would therefore examine to determine whether novice teachers are well equipped enough to adapt and to participate in working conditions and whether they experience job satisfaction. The research study was conducted by involving eight novice teachers in four primary schools in the Gert Sibande region of Mpumalanga. In this study, the researcher used a qualitative approach. The qualitative research method is the most appropriate way to describe the experiences of novice teachers. The data collection techniques that were used included individual interviews to determine the nature, extent and possible solutions to the research problem. The research study found that the new teacher needed guidance and support during integration. Positive strategies for guidance include induction programs, manuals and experienced dedicated mentors. From the findings of the research, there is a strong need for guidance and support for beginning teachers to be involved in the school. Beginner teachers should be empowered to develop their potential, to promote themselves and to maintain in education in South Africa. / Educational Leadership and Management / M. Ed. (Education Management)

Page generated in 0.0598 seconds