Return to search

Growing sustainable food systems : a study of local food distribution initiatives in Stellenbosch

Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis investigates practical approaches to growing sustainable food systems. It first
establishes the condition of the global environment within which food systems function
and critically assesses previous efforts to grow sustainable food systems. After applying
these findings to a set of case studies on local-food distribution in Stellenbosch, I
recommend ways for the local-food distribution network to encourage the growth of a
sustainable Stellenbosch food system.
The literature review provides an overview of the global environment in relation to food
systems and lists certain contextual challenges that food systems must address to become
sustainable. These challenges are social inequality, an urban future, degraded ecosystems,
climate change, energy constraints, a growing global population and food insecurity. The
literature review also describes how commercialisation has disembedded food systems
from their contexts. This disembeddedness loosens the feedback loops food systems
require to effectively respond to contextual challenges and consequently hinders their
sustainability.
The critical overview of previous attempts to re-embed food systems provides insight into
practical ways of growing sustainable food systems. The overview demonstrates that while
localisation and the building of social capital should not be seen as the ultimate goals of
sustainable food systems, they can be useful mechanisms for nurturing sustainability if
applied carefully.
The case studies describe ten local-food distribution initiatives in Stellenbosch, and are
informed by numerous in-depth semi-structured interviews. My conceptual framework
contrasts each initiative’s self-reported vision, perceived reality, and realised actions; this
highlights the conceptual and physical network connections between various local-food
distribution initiatives, as well as the factors preventing and promoting their sustainability.
The case studies show that although a local-food distribution network exists in
Stellenbosch, it is fragile and lacks defined conceptual connections. This in turn constrains
the formation of physical connections and thus the food system’s progress toward
sustainability.
The local-food distribution network in Stellenbosch can catalyse the growth of a
sustainable food system because its initiatives focus on localisation but do not see it as a
final objective. This shared focus indicates that localisation already constitutes a practical
tool in the growth of a sustainable food system; however, the network’s lack of social
capital still needs to be addressed.
Inclusive projects designed to create and protect intellectual, political and economic spaces
for reflection within the food system can generate the social capital necessary to grow a
sustainable food system. The realisation of a sustainable Stellenbosch food system
therefore depends on those with the capacity and resources to initiate the necessary
changes. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek praktiese benaderings waarmee volhoubare kossisteme bevorder
kan word. Dit stel eerstens die toestand van die globale omgewing waarin kossisteme
funksioneer vas en oorweeg krities vorige pogings wat volhoubare kossisteme probeer
bevorder het. Na ek hierdie bevindings toepas op ’n stel gevallestudies van inisiatiewe wat
plaaslik-geproduseerde kos in Stellenbosch versprei, kom ek met voorstelle vorendag vir
dié verspreidingsnetwerk om die groei van ’n volhoubare Stellenbosch-kossisteem aan te
moedig.
Die literatuurstudie omskryf ’n oorsig van die globale omgewing met betrekking tot
kossisteme en lys sekere kontekstuele uitdagings wat kossisteme moet aanspreek om
volhoubaar te wees. Die uitdagings is maatskaplike ongelykheid, ’n verstedelikte toekoms,
verswakte ekosisteme, klimaatsverandering, energiebeperkings, ’n groeiende globale
bevolking en voedselonsekerheid. Die literatuurstudie bepaal ook dat kommersialisering
kossisteme uit hulle omgewings ontwortel. Hierdie ontwortelling verswak die
terugvoerbane wat kossisteme benodig om effektief op kontekstuele uitdagings te reageer
en verhoed hulle volhoubaarheid.
Die kritiese oorsig van vorige pogings om kossisteme nuwe wortels te laat skiet gee insig
tot praktiese maniere om volhoubare kossisteme te bevorder. Die oorsig wys daarop dat
terwyl lokalisering en die bou van maatskaplike kapitaal nie as die slotsom van volhoubare
kossisteme beskou moet word nie, albei nuttige tegnieke kan wees vir die aankweek van
volhoubaarheid indien hulle met sorg aangewend word.
Die gevallestudies beskryf tien verspreidings-inisiatiewe van plaaslik-geproduseerde kos in
Stellenbosch en is ingelig deur verskeie in-diepte, semi-gestruktureerde onderhoude. My
konsepsuele raamwerk kontrasteer elke gevallestudie se self-verklaarde visie,
veronderstelde realiteit en gerealiseerde aksies. Dit lig die begrips- en fisiesenetwerkkonneksies
tussen die inisiatiewe uit en stel ’n aantal faktore bloot wat die netwerk
se volhoubare groei positief en negatief beïnvloed. Die gevallestudies wys daarop dat
alhoewel ’n verspreingsnetwerk van plaaslik-geproduseerde kos in Stellenbosch bestaan,
dié netwerk swak is en omskrewe begripskonneksies kort. Om die beurt verhinder dit die
formasie van fisiese konneksies en weerhou die kossisteem se vordering na
volhoubaarheid.
Die verspreidingsnetwerk van plaaslik-geproduseerde kos in Stellenbosch kan die groei
van ‘n volhoubare kossisteem kataliseer omdat die inisiatiewe waaruit dit bestaan deur ’n
gemeenskaplike fokus op lokalisering verbind word, maar dit nie as hulle einddoel beskou
nie. Hierdie gedeelde fokus wys daarop dat lokalisering reeds ’n bruikbare tegniek vir die
groei van ‘n volhoubare kossisteem is, maar die tekort aan maatskaplike kapitaal binne die
netwerk moet steeds aangespreek word.
Inklusiewe projekte wat saamgestel word om intellektuele, politiese en ekonomiese
ruimtes vir besinning binne die kossisteem te bevorder en te bewaar, kan die nodige
maatskaplike kapitaal kweek om ’n volhoubare kossisteem te vestig. Die verwesenliking
van ’n volhoubare Stellenbosch-kossisteem hang dus van diegene af wat die kapasiteit en
hulpbronne het om die nodige veranderings in te lei.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/6486
Date03 1900
CreatorsLandman, Annie Petronella
ContributorsKelly, Candice, University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.003 seconds