Return to search

Unearthing the determinants required for off-grid subsistence : a case study

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study is based on the personal four-year journey of the researcher in an attempt to
develop an off-grid, sustainable self-sufficient livelihood and habitation on a 1 000-square
metre piece of rural land in the heritage mission village of Suurbraak, Western Cape, South
Africa. This single case study attempts to embody a comprehensive antithesis to the current
rural settlement approach implemented in South Africa. The approach is philosophical,
applying Hegel’s “determinate negation” conception of reality, as dialectic between a
conception of “thesis” as global, scientific and regulated resulting in large-scale agriculture,
poisoning of nature and inappropriate low-cost housing and its “antithesis” as grounded,
philosophical, healthy subsistence habitation on the actual land.
This study, shaped by a literature review, proposes a concept coined ‘niche settlement’,
comprising four focus areas as regards sustainable self-sufficiency: an owner-built dwelling
from local materials, farm produce for consumption and self-medication, rain and energy
harvesting, and taking responsibility for waste. In order to validate the case study
contextually, an action research methodological approach was adopted. This began with a
field study to interview marginal small-scale farmers, enriched by a land-use survey in the
Suurbraak agri-village, in order to clarify the determinants for successful subsistence. These
were land availability, proximity of land to homestead, appropriate scale, access to water,
enabling legislation, and access to inputs and labour. The critical nature of these determinants is then shown as regards the niche settlement case study. The interplay of
Swellendam Municipality regulations reveals contradictions that entail that the above
determinants are not facilitated. This threatens a vulnerable two-century old agrarian
heritage. The ensuing dialectic between the researcher and municipal officials who - when
confronted by the contradictions - undertook to revise certain zoning decisions that
threatened the viability of niche settlement approaches. The determinants may prove fertile
ground for further research as criteria to shape rural settlement policy with respect to land use, particularly given the need to factor in the looming global recession, the food crisis and
peak oil. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is op die vier jaar lange persoonlike reis van die navorser self baseer. Dit
behels 'n poging om 'n kwart akker stuk grond in die landelike erfenis sending-dorp van
Suurbraak, in die Wes-Kaap Provinsie in Suid-Afrika te bewoon en daarop ‘n off-grid,
volhoubare en selfversorgende bestaan te ontwikkel.
Hierdie enkele gevallestudie poog om 'n omvattende antitese te beliggaam tot die
benadering tot landelike nedersetting soos tans in Suid-Afrika geïmplementeer. Die
benadering is filosofies, en pas toe Hegel se "beslissende weiering" konsepsie van die
werklikheid, as dialektiek tussen 'n opvatting van die "tesis" as: globaal, wetenskaplik en
gereguleerd wat grootskaalse landbou, die vergiftiging van die natuur en lae-koste behuising
tot gevolg het en sy "antitese": gegrond, filosofies en gesonde bestaansboerdery op die
grond. Die dialektiek kontrasteer die tesis op 'n makro-en kollektiewe vlak en die antitese op
'n mikro-en persoonlike vlak, wat aanleiding gee tot 'n "sintese", waaruit nuwe antwoorde
ontstaan in die beslissende ingebed, eerder as in algemene teoretiese abstraksies. Kritiese
oplossings lê vlak versteek in die mikrokosmos detail of in die konteks. Dit wil sê, is
gedetermineerd vermom en vereis 'n metodiese en gefundeerde benadering wat nóg weke
nóg maande, maar jare eerder van geduldige navorsing verg om te bemag. Die Hegeliaanse metode soos gebruik beklemtoon dat dit onwaarskynlik is dat "begrippe"
met hul kontekstuele "standaard begrippe" sal ooreenstem, maar in die proses van
aanpassing word eindelose antwoorde uit die fynere detail van bepaalbare werklikheid
opgetel. Hierdie antwoorde, wanner van toepassing, het die potensiaal om antitetiese
manifestasies van die werklikheid in werklikheid te verifieer; die mikro is in staat om die
makro te verklaar deur middel van 'n proses van die verwesenlikte waarheid.
Hierdie studie, deur 'n literatuuroorsig toegelig, stel 'n konsep geskep as "nis nedersetting”
voor. Dit bestaan uit vier fokusareas wat betref volhoubare self-genoegsaamheid: 'n eienaargeboude
woning van plaaslike materiale, eie plaasprodukte vir verbruik en selfmedikasie, die oes van reën en energie, en die neem van verantwoordelikheid vir afval. Ten einde die
gevallestudie kontekstueel te waarmerk, is 'n aksie-navorsing metodologiese benadering
ingeneem. Dit het begin met 'n gedokumenteerde veldstudie waarin onderhoude met
marginale kleinskaal boere gevoer is en is verryk deur 'n grondgebruik-opname in die
Suurbraak agri-dorp, ten einde die determinante vir 'n suksesvolle bestaansboerdery uit te
lig. Dit het gelei tot 'n dieper begrip van wat die sukses van soortgelyke nis projekte bepaal:
die beskikbaarheid van ’n (grond-)perseel, bewerkbare grond naby die woning geleë,
toepaslike skaal, toegang tot water, bemagtigende wetgewing en toegang tot insette en
arbeid. Die kritiese aard van hierdie determinante word met betrekking tot die gevallestudie
getoon. Die wisselwerking van die Munisipaliteit Swellendam se regulasies openbaar
teenstrydighede wat behels dat die bogenoemde determinante nie gefasiliteer is nie). Dit is
teleurstellend deurdat dit 'n kwesbare twee-eeue oue agrariese erfenis bedreig. Die
daaropvolgende dialektiek tussen die navorser en munisipale amptenare wat - gekonfronteer
met die teenstrydighede geopenbaar in wetgewing en regulasies met betrekking tot die
erfenis, grondgebruik en sonering - onderneem het om sekere besluite wat die
lewensvatbaarheid van die nis nedersetting benaderings bedreig het om te keer,
manifesteer sodoende as 'n sintese. 'n Verdere voorbeeld van sintese is die voorstel dat die
belangrikste determinante effektief toegepas kan word as kriteria om vorm te gee aan die landelike nedersettingsbeleid met betrekking tot grondgebruik, veral gegewe die behoefte
om die dreigende wêreldwye resessie, die voedsel-krisis en piek olie saam daarby onder sig
te neem.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/80153
Date03 1900
CreatorsMentz, Matthew
ContributorsSwilling, Mark, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxii, 257 p. : col. ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0033 seconds