Return to search

Woordeskataanleer in die onderrig van Afrikaans as addisionele taal (Afrikaans)

Die verhandeling ondersoek die taalbeheersing van studente wat Afrikaans as tweede addisionele taal neem en meer spesifiek, die woordeskatkennis van die ondersoekgroep, naamlik swart addisioneletaalleerders in die Limpopo-provinsie in Graad 11 en 12. Dit is duidelik dat een van die probleme wat aanleerders het, ‘n gebrekkige woordeskat is. Dit beïnvloed hulle begrip van Afrikaans sowel as hulle produksie (skriftelik en ook mondeling). Een van die redes hiervoor is dat daar nie op ‘n sistematiese manier aandag gegee word aan óf woordeskatverwerwing (of –aanleer) óf die onderrig van woordeskat in die kurrikulum en sillabus nie. Hierdie navorsing se doelwitte is om die stand van die woordeskatkennis van Graad 11- en 12-leerders te bepaal en tweedens om met behulp van insigte oor die aanleer en/of verwerwing van leksikonitems die sukses van bepaalde strategieë te bepaal. Navorsingsvrae is die volgende: Wat is die stand van woordeskatonderrig vandag wêreldwyd? Wat is die stand van woordeskatonderrig in die Suid-Afrikaanse sillabus? Hoe goed is Graad 11 en 12 leerderders se kennis van die Afrikaanse woordeskat? Wat is Graad11- en 12 leerders se houding teenoor Afrikaans? Hoe kan mens hierdie houding(s) verklaar? Watter rol speel (intrinsieke) motivering en houdings teenoor Afrikaans? Watter metodes en tegnieke kan gebruik word om leerders se woordeskat te verbeter? / Dissertation (MA (Afrikaans))--University of Pretoria, 2008. / Afrikaans / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/28162
Date25 September 2008
CreatorsPhaladi, Tswaledi John
ContributorsDr H J Bosman, upetd@up.ac.za
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© University of Pretoria 2007E1099/

Page generated in 0.002 seconds