Return to search

Figuring from within : a study in history, painting and the work of Moses Tladi

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: This study explores the significance of landscape painting in my own work and in the work of
Moses Tladi, one of the lesser-known SA pioneer artists working in the oil painting convention.
Through a Romantic lens, I argue that Tladi’s paintings exist as record of his experiences, thoughts
and emotions, making use of a hermeneutics ‘from within’, rather than one aimed at Realist exposition.
While employing such a hermeneutics in my own practice, I seek out points of connection
between Tladi and myself, as well as explore if and to what degree our different socio-political circumstances
shape our practices.
In part one of the thesis I sketch a narrative backdrop to the era in which Tladi lived and of his
relationship to his patrons, mentors and the establishment. I explore his work in relation to popular
conventions at the time, matters of modernism and abstraction, as well as to some degree how the
landscape genre functions in terms of class. The overall argument is divided in two parts, that of
the metaphorical ‘Garden’ and that of the ‘Wilderness’. With this divide I aim to reveal how Tladi
employs the transcendent both in the sublime expanse of Sekhukhuneland and in his domestic,
everyday reality. The ideological relationship between the Garden and Wilderness is examined in
terms of theories on landscape, imperialism and the Lutheran missionary project.
In the second part I describe my own work and discuss the contribution it makes. While alluding
to many of the devices already discussed in Tladi’s work, I sketch the context in which my own
paintings were made and explain some of my stylistic and curatorial choices. In demonstrating how
our techniques and methodologies overlap, I aim to cristallise some of the theoretical themes explored. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie handel oor die belang van landskapskilder in my eie werk en in the werk van Moses
Tladi, een van Suid-Afrika se minder bekende pionier-kunstenaars in die olieverftradisie. Ek argumenteer,
deur ’n Romantiese blik, dat Tladi se werk as rekord verskyn van sy ervarings, gedagtes en
emosies. In hierdie opsig is sy hermeneutiek ‘inwaarts’ gekeer, eerder as gefokus op die Realistiese
ontbloting van sekere sosiale kwessies. Terwyl ek in my eie skilderpraktyk ook van so ’n hermeneutiek
gebruik maak, soek ek raakpunte tussen my en Tladi se werk onderwyl ek ondersoek of, en tot
watter mate, ons verskillende sosio-politiese omstandighede ons werk vorm.
In Deel Een van die tesis skets ek ’n narratiewe agtergrond tot die era waarin Tladi geleef het en
kyk na sy verhouding met sy beskermhere (“patrons”), sy mentors en die kunsstigting. Ek ondersoek
Tladi se werk aan die hand van populêre konvensies van sy tyd sowel as kwessies van Modernisme
en abstraksie. Ek kyk ook vlugtig na hoe die landskap-genre ten opsigte van sosiale stand
funksioneer. My algehele argument het twee afdelings, die metafoor van die ‘Tuin’, en dié van die
‘Wildernis’. Met hierdie verdeling beoog ek om te wys hoe Tladi transendente aspekte voorstel in
die uitgestrekte, ontsagwekkende landskappe van Sekhukhuneland, maar ook in sy alledaagse, sosiale
realiteit. Die ideologiese verhouding tussen die Tuin en die Wildernis word verder ondersoek ten
opsigte van teorieë oor landskap, imperialisme en die sendingpraktyke van die Lutherse Kerk.
In Deel Twee beskryf ek my eie werk sowel as die bydrae wat dit maak. Ek beskryf die konteks
waarin sommige van die skilderye gemaak is, bespreek hul inhoud, en kyk na spesifieke stilistiese
en kuratoriale keuses. Deurentyd raak ek aan die tegnieke en temas wat alreeds bespreek is in die
afdeling oor Tladi. Deur te demonstreer hoe my en Tladi se tegniek en metodologie oorvleuel, hoop
ek om die teoretiese temas wat reeds ondersoek is, te kristalliseer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96974
Date03 1900
CreatorsCoetsee, Yda Cornelia
ContributorsDietrich, Keith, VIljoen, Stella, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Visual Arts.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format2 parts (111, 27 pages) : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.011 seconds