Return to search

'n Verkennende analise van Willow Creek gemeente, Barrington, Illinois

Thesis (MDiv) -- Stellenbosch University, 2002. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Willow Creek is 'n kerk wat alreeds die afgelope paar jaar die kerk aan die gons het. Ek
wil amper sover gaan om die stigting van die Willow Creek model as 'n tweede
reformasie te beskou, veral te midde van die drastiese teruggrype na die Nuwe
Testamentiese kerk. Nes Martin Luther het Bill Hybels ook 'n stap van geloof geneem, en
'iets nuuts' begin wat anders was as waaraan almal gewoond was, om 'n gemeenskap van
gelowiges op te rig wat leef volgens die beginsels waarvolgens die vroee kerk geleef het.
Net soos wat Hybels besefhet dat die ongelowiges op 'n sensitiewe manier geevangeliseer
moet word, so het Luther ook die opmerking gemaak dat diegene wie se
geloof aan dade gekoppel is, teruggelei moet word na die geloof, soos wat jy 'n siek
persoon sou begelei, dus baie versigtig. Hy kon maar net sowel die woord 'sensitief
gebruik het. Haendler ( 1981 :28) stel dit soos volg:
In his "Treatise on good works" Luther declared, "Therefore, we must not despise those of little
faith who cling to their ceremonies and perform them as though they were lost in their faith
without them. They would gladly do right and learn better, but they are as yet unable to grasp it
all. Instead one should blame their ignorant, blind teachers, who have never taught them what
faith is, and have led them so deeply into works. " The responsibility for these abuses is therefore
that of the ministers rather than the congregation. Luther drew the following pastoral
conclusion: "One should gently lead them back to faith in their good time, as one would treat a
sick person. "
Dus is ek van mening dat beide Hybels en Luther binne hulle konteks bedienaars is en
was van die boodskap wat hulle glo en geglo het, relevant vir hulle samelewing is en was.
Carron ( 2000:51) beskryfWillow Creek as een van 'n aantal posttradisionele kerke, wat
in duidelike kontras teenoor die konvensionele kerke staan. Kenmerke wat Carron aan
hierdie posttradisionele kerke toeskryf, stem baie ooreen met Willow Creek t.o.v. sy
Soekersensitiewe kerkmodel, en die inligting wat ek daaroor verskaf oorvleuel wel.
Carroll stel die kenmerke van 'n posttradisionele kerk soos volg:
Groot getalle in vergelyking met die Protestantse kerke
Gewilligheid om eeue-oue tradisies prys te gee, met 'n Bybelse uitgangspunt as
rede
Teologiese konserwatisme, sonder om fundamentalisties te raak
Tekort aan denominale bande
Sterk, entrepreneuriese leierskap, ondersteun deur opgeleide personeel, met baie
klem op leke-oefening van geestelike gawes
Het 'n spesifieke doel, vera! t.o.v. die identifisering van maniere om 'n spesifieke
gehoor aan te spreek
Getrou daaraan om lede te lei tot toegewyde dissipels van Christus
Geboue wat geen ooreenkomste toon met tradisionele kerke nie, en wat gelee is
om mense van 'n streek te trek, en nie net 'n spesifieke gemeenskap nie.
Vermyding van die meeste tradisionele en klassieke vorme van kerkmusiek, om
eerder kontemporere musiek in die kerk in te bring.
Kleredrag is informeel
Dienste is uiters profesioneel, en daar word geen druk op besoekers geplaas nie.
Groot klem op kleingroepe.
Geleenthede vir lede om betrokk:e te raak by 'n verskeidenheid bedieninge, veral
op plaaslike vlak.
Verwag 'n hoe vlak van toewyding van diegene wat aansluit, wat gepaard gaan
met toewyding aan uitmuntendheid t.o.v. die bedieninge.
Wat ek met hierdie studie poog, is om 'n verkennende analise te maak, in sover moontlik
volgens die formaat soos deur Hendriks (1992: 134) voorgehou. Die motivering agter
hierdie studie is die vraag na werkbare bedieningsvorme binne die N. G Kerk tradisie,
omrede daar 'n afname in lidmaat getalle is, en diegene wat nie meer kerk toe gaan nie,
terug 'gelok' moet word, sonder om hulle weg te jaag. Juis omrede Willow Creek so
suksesvol is om ongelowiges te evangeliseer, en dit 'n taak is waarna die N.G Kerk
ernstig sal moet terugkeer, kan daar by Willow Creek geleer word ten opsigte van hulle
funksionering.
Wat ek dus in hierdie studie doen, is om eerstens te gaan kyk na die geskiedenis van
Willow Creek, waar die kerk vandaan kom, en die groeipyne wat die kerk ervaar het.
Hierdie afdeling is vir my van uiterste belang, omrede die feit dat jy nie iemand regtig
ken indien jy nie weet waarvandaan hy kom nie. Dus, om vir Willow Creek te analiseer,
moet jy weet waarvandaan die kerk kom, en wie die kerk is.
Die daaropvolgende hoofstuk handel oor die Soekersensitiewe model waarvolgens
Willow Creek funksioneer, ingesluit al die areas binne die kerk wat daardeur geaffekteer
word, asook die gevare en voordele van hierdie model.
In die laaste hoofstuk gee ek die feitelike data en gegewens weer t.o.v. wat Willow Creek
hied, en wie die kerk is. Dit sluit in wat die kerk t.o.v. homself se, wie die kerk is en waarvoor die kerk staan, asook alle geleenthede waar lidmate betrokke kan raak. Laastens
toon ek die opset en ligging d.m.v. kaarte aan.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52969
Date12 1900
CreatorsDick, Ferdinand Herman Bernard
ContributorsHendriks, H. J., Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology & Missiology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format95 leaves : ill., map.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0018 seconds