Return to search

Die rol van die vrou in die westerse musiekgeskiedenis van Suid-Afrika, 1652-1952

Text in Afrikaans / Hierdie studie handel oor die rol wat vroue in die Westerse musiekgeskiedenis van SuidAfrika
vanaf 1652 tot 1952 gespeel bet. Vroue se bydraes en die belangrikheid daarvan
word dus op haas elke denkbare gebied van die musiekmilieu gedurende die ontstaan
en ontwikkeling van elke belanghebbende Westerse gemeenskap ondersoek.
Hoofstukke een tot vyf konsentreer op die rol wat vroue as professione1e en amateur
musikante binne die volgende streke sou vervul: Wes-Kaap, Natal, Vrystaat, Transvaal
en Oos-Kaap. Hul posisies as uitvoerende kunstenaars, opvoedkundiges, beskermvroue,
orkeslede, dirigente, komponiste, asook as stigters en lede van musiekverenigings word
bestudeer.
Hoofstuk ses stel 'n algemene beeld van die identiteit en werksaamhede van vrouemusici
in die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis daar. Daar word gekyk na die belangrikheid
van hul bydraes en gevolglik blyk duidelik dat hul betekenis nie na waarde geskat word
nie. Ten slotte word gepoog om vas te stel wat ten grondslag van hierdie ,verskynsel le. / This study deals with women musicians in the history of Western music in South Africa
from 1652 to 1952. Their contributions within the origin and development of every major
Western society are traced.
Chapters one to five highlight women's roles as professional and amateur musicians in
the following regions: Western Cape, Natal, Free State, Transvaal and Eastern Cape.
Their posistions as performing artists, educators, patrons, orchestral players, conductors,
composers, as well as fo'unders and members of musical societies are discussed.
Chapter six recreates a general image of the identity and activity of South African
women musicians. It becomes evident that their contributions are entirely
underestimated. Finally the study seeks to place this misconception into proper
perspective. / Art History, Visual Arts and Musicology / M. Mus.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17725
Date06 1900
CreatorsVan Helsdingen, Lentelie
ContributorsReid, D. J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xiii, 290 leaves)

Page generated in 0.002 seconds