Return to search

Kinders van plaaswerkers in die Oudtshoorn distrik se belewenis van alkoholmisbruik in hul primêre gesinne / van der Westhuizen, S.M.

Alkoholmisbruik is tans n sosiale kwessie in Suid–Afrika, asook in die res van die wêreld. Die kind in sy middelkinderjare lewensfase se belewenis van sy alkoholmisbruik–gesin kom in verskillende ontwikkelingsterreine na vore, in sy daaglikse interaksie met sy gesin asook in sy wyer skakeling . Alhoewel hy homself gedurende hierdie fase in n losmakingsproses om onafhanklikheid bevind, bly sy gesin steeds vir hom n bron van sekuriteit, hulp en ondersteuning.
Vir die navorsingsmetodologie is die proses in tabelformaat weergegee met behulp van n onderverdeling in vier fases. Tydens die eerste fase, die aanvanklike beplanning en probleem–formulering, het hoofsaaklik drie aspekte aandag geniet, naamlik die navorsingsonderwerp, probleem–formulering en die doel met die nodige doelwitte. Die doel van die kwalitatiewe studie wat vanuit die probleem–formulering voortgespruit het, was om plattelandse kinders in die middelkinderjare se belewenis van alkoholmisbruik in hul gesinne waarvan hul deel vorm, te beskryf. Tydens die formele beplanning in die tweede fase is die inligting deur middel van triangulering ingesamel en is op die navorsingsbenadering en –strategieë gefokus. Vanuit verskillende bronne is inligting verken om die plattelandse kind in die middelkinderjare lewensfase wat deel vorm van die alkoholmisbruik–gesin se belewenisse, te beskryf. n Literatuurstudie het die samestelling en uiteensetting moontlik gemaak vir n profielstudie vanuit n paradigmatiese perspektief van die kind. In die derde fase is aandag gegee aan die empiriese ondersoek waartydens triangulering praktykgerig voortgesit is met behulp van sinsvoltooing met vyf kinderrespondente, voltooiing van n selfontwerpte vraelys wat opgevolg is met semi–gestruktureerde onderhoude met vyf ouers en vyf onderwysers. Gedurende die vierde fase het die interpretering en integrering van die bevindinge gerealiseer. Die gevolgtrekkings waartoe gekom is, is veral geleë in die leemte op nasionale vlak en op die platteland ten opsigte van spesifiek die kind se belewenis van sy alkoholmisbruik–gesin asook sy omgewing. Dit het ook duidelik geword dat daar aandag gegee moet word aan alkoholmisbruik as verskynsel en die alkoholmisbruikte–huweliksverhouding en dat onkunde bestaan ten opsigte van ouerskap en die belewenis van die kind as betrokkene by sy alkoholmisbruik–gesin.
Om hierdie redes word aanbeveel dat daar gefokus moet word op die kind se proses, maar ook dat ouers, onderwysers en maatskaplike werkers wat deel vorm van die ondersteuningsnetwerk vir hierdie kinders, die nodige kennis en insig deur middel van opleidingsprogramme behoort te ontvang. / Thesis (M.A. (Psychology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/7594
Date January 2011
CreatorsVan der Westhuizen, Saryna Michau
PublisherNorth-West University
Source SetsNorth-West University
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0026 seconds