• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Kinders van plaaswerkers in die Oudtshoorn distrik se belewenis van alkoholmisbruik in hul primêre gesinne / van der Westhuizen, S.M.

Van der Westhuizen, Saryna Michau January 2011 (has links)
Alkoholmisbruik is tans n sosiale kwessie in Suid–Afrika, asook in die res van die wêreld. Die kind in sy middelkinderjare lewensfase se belewenis van sy alkoholmisbruik–gesin kom in verskillende ontwikkelingsterreine na vore, in sy daaglikse interaksie met sy gesin asook in sy wyer skakeling . Alhoewel hy homself gedurende hierdie fase in n losmakingsproses om onafhanklikheid bevind, bly sy gesin steeds vir hom n bron van sekuriteit, hulp en ondersteuning. Vir die navorsingsmetodologie is die proses in tabelformaat weergegee met behulp van n onderverdeling in vier fases. Tydens die eerste fase, die aanvanklike beplanning en probleem–formulering, het hoofsaaklik drie aspekte aandag geniet, naamlik die navorsingsonderwerp, probleem–formulering en die doel met die nodige doelwitte. Die doel van die kwalitatiewe studie wat vanuit die probleem–formulering voortgespruit het, was om plattelandse kinders in die middelkinderjare se belewenis van alkoholmisbruik in hul gesinne waarvan hul deel vorm, te beskryf. Tydens die formele beplanning in die tweede fase is die inligting deur middel van triangulering ingesamel en is op die navorsingsbenadering en –strategieë gefokus. Vanuit verskillende bronne is inligting verken om die plattelandse kind in die middelkinderjare lewensfase wat deel vorm van die alkoholmisbruik–gesin se belewenisse, te beskryf. n Literatuurstudie het die samestelling en uiteensetting moontlik gemaak vir n profielstudie vanuit n paradigmatiese perspektief van die kind. In die derde fase is aandag gegee aan die empiriese ondersoek waartydens triangulering praktykgerig voortgesit is met behulp van sinsvoltooing met vyf kinderrespondente, voltooiing van n selfontwerpte vraelys wat opgevolg is met semi–gestruktureerde onderhoude met vyf ouers en vyf onderwysers. Gedurende die vierde fase het die interpretering en integrering van die bevindinge gerealiseer. Die gevolgtrekkings waartoe gekom is, is veral geleë in die leemte op nasionale vlak en op die platteland ten opsigte van spesifiek die kind se belewenis van sy alkoholmisbruik–gesin asook sy omgewing. Dit het ook duidelik geword dat daar aandag gegee moet word aan alkoholmisbruik as verskynsel en die alkoholmisbruikte–huweliksverhouding en dat onkunde bestaan ten opsigte van ouerskap en die belewenis van die kind as betrokkene by sy alkoholmisbruik–gesin. Om hierdie redes word aanbeveel dat daar gefokus moet word op die kind se proses, maar ook dat ouers, onderwysers en maatskaplike werkers wat deel vorm van die ondersteuningsnetwerk vir hierdie kinders, die nodige kennis en insig deur middel van opleidingsprogramme behoort te ontvang. / Thesis (M.A. (Psychology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.
2

3

Adolessente seuns se ervaring van die dood van ‘n ouer en ondersteuning binne die skoolopset, Wes-Kaap / Adolescent boys’ experiences of the death of a parent and the support within the school environment, Western Cape

Kock, Jennobia Ezendel 02 1900 (has links)
Afrikaans text / This study was undertaken to investigate and explore the experience of the death of a parent and the support for Coloured boys, in the middleadolescence phase, within the school context. Five boys were involved in the study. The gender of the parent was not specified; but all the boys had lost their mothers. The adolescent boys indicated that the death of their mothers was a life changing event; that they struggled emotionally after the death of their mothers but they received enough support from the school, friends and peer group. Family relations were disrupted and the boys often handled their mourning alone. They indicated a continued bond with their mothers, developed a greater sense of responsibility and insight into themselves and the emotions of others deepened. The boys stressed the value of social support but the public display of emotions is influenced by their perceptions of masculinity. / Die studie is onderneem om Kleurling seuns in die middel-adolessente fase se ervaring na die dood van ’n ouer en ondersteuning binne die skoolopset te ondersoek en te verken. Vyf seuns is by die studie betrek. Die geslag van die ouer is nie gespesifiseer nie maar al die seuns het hul moeders verloor. Die adolessente seuns het aangedui dat die dood van hul moeders ’n lewensveranderende gebeurtenis was; dat hulle ’n emosionele stryd gevoer het na die dood van hul moeders maar wel voldoende ondersteuning vanaf die skool, vriende en portuurgroep ontvang het. Gesinsverhoudinge het verbrokkel en die seuns het dikwels alleen hul rou hanteer. Hulle het ’n voortgesette band met hul moeder aangedui, groter verantwoordelikheidsin ontwikkel en insig vir hulself en ander se emosies het verdiep. Die seuns het die waarde van sosiale ondersteuning beklemtoon maar die openlike toon van emosies word deur hul persepsies vanmanlikheid beïnvloed. / Psychology of Education / M. Ed. (Spesialisering in Voorligting)
4

Page generated in 0.0891 seconds