Return to search

The importance of the concept of "functional equivalence" for the South African approach to form and writing / J.M. Potgieter

Elektroniese kommunikasie en handel is 'n verskynsel wat eksponensieel
toegeneem het oar die laaste dekade saammet die ontwikkeling en
uitbreiding van die Internet. Ten einde kompeterend te wees in die
internasionale arena is dit belangrik dat Suid-Afrika 'n klimaat skep waarin
elektroniese handel kan floreer.
Daar bestaan egter die perspesie dat die huidige regsbedeling onvanpas en
onvoldoende is om die kwessies wat ontstaan as gevolg van elektroniese
handel te kan hanteer. In 1996 het die kommissie van die Verenigde Nasies
gemoeid met internasionale handel, UNCITRAL die Mode/wet oor
Elektroniese Handel gefinaliseer. Sederdien is die Modelwet opgeneem in
wetgewing of het wetgewing be"invloed in verskeie Iande.
Een van die onderliggende beginsels waarop die Mode/wet gebaseer is, is
"funksionele gelykheid" ten einde met snel veranderende tegnologie tred te
hou. Hierdie beginsel behels dat in ons soektog na regsoplosssings, papiergebaseerde
oplossings nie netso nageboots moet word nie maar dat daar
eerder gestreef word na ekwivalente regsoplossings binne die tegnologies
raamwerk.
Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies is die SuidAfrikaanse
antwoord op hierdie internasionale verwikkelinge. Die oogmerk
van hierdie skripsie is om artikels 11 tot 13, 18 en 19 van die Wet te
bestudeer en te vergelyk met die Mode/wet. Verder om te ondersoek tot
watter mate die doelwitte van die Groenskrif behaal is en in welke mate die
Wet die behoeftes van die breer gemeenskap aanspreek, soos dit blyk uit
die kommentaar op die Groenskrif. Die Suid-Afrikaanse benadering is gebaseer op internasionale voorbeelde en afwykings daarvan word ook
bespreek.
Hoewel die persepsie bestaan dat die Suid-Afrikaanse reg nie toegerus is
om die veranderings te kan hanteer nie, is dit meerendeels net 'n persepsie.
Suid-Afrika beskik oor 'n inherent aanpasbare gemenereg. In my opinie,
sou opskrifstelling in 'n elektroniese omgewing nie 'n probleem geskep het
binne die gemenereg nie. Dit blyk dat meer onsekerheid oor die aard van
handtekeninge bestaan. Dit is waarskynlik dat gevorderde elektroniese
handtekeninge (soos in die Wet bespreek) in ieder geval erken sou word.
Die nuwe Suid-Afrikaanse Wet oor elektroniese handel ruim egter enige
onsekerheid uit die weg.
Die Suid-Afrikaanse Wet maak gebruik van verskeie internasionale bronne
maar die UNCITRAL Modelwet dien as vertrekpunt. Daar blyk
eenstemmigheid in Amerika, die Europese Unie en Australie te wees dat
"funksionele gelykheid" die beste manier is om veranderende tegnologie te
hanteer.
Die beginsel van "funksionele gelykheid" is die goue draad wat deur nie
aileen die UNCITRAL Mode/wet maar ook deur die Suid-Afrikaanse
wetgewing geweef is. Die Suid-Afrikaanse wetgewing voeg verskeie
beskermingsmeganismes ten einde verbruikers te beskerm teen die gevare
van 'gesiglose handel'.
Elektroniese skrif word as die ekwivalent van skrif op papier erken. SuidAfrikaanse
wetgewing identifiseer die volgende basiese funksies van
handtekeninge, naamlik: • Om die persoon te identifiseer; en • Om die persoon se goedkeuring van die inligting te kommunikeer. 'n Addisionele vereiste dat elektroniese handtekeninge so betroubaar as
wat gepas was onder die omstandighede moet wees, word bygevoeg.
Suid-Afrikaanse wetgewing spreek oak die kwessies van notariele parktyk,
oorspronklikes, sertifisering en geregistreerde pas aan.
In geheel behoort die bepalings rakende vormvereistes positief ontvang te
word in die mark aangesien "funksionele gelykheid" behoorlik
geimplementeer word en 'n juiste basis is. / Thesis (LL.M. (Import and Export Law))--Potchefstroom University for Christian Higher Education, 2003

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/9279
Date January 2002
CreatorsPotgieter, Johanna Maria
PublisherPotchefstroom University for Christian Higher Education
Source SetsNorth-West University
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0026 seconds