Return to search

Potensiële vrywilligers se persepsie van die foto's op Médecins sans Frontières se webtuiste / Judette Olivier

Nuwe kommunikasie- en inligtingstegnologie vorm ’n individu se persepsies en hoe hulle ’n
spesifieke organisasie sien. MSF Suid-Afrika se webtuiste (met spesifieke verwysing na die
foto’s wat gebruik word op die webtuiste) is een van die kommunikasie- en
inligtingstegnologieë wat ’n invloed sal hê op die persepsies van die organisasie se
belangegroepe. MSF moet krities dink oor die foto’s wat hulle op hulle webtuiste plaas,
aangesien dit moontlik die kommunikasie tussen die vrywilligers en die organisasie, sowel as
die persepsies van vrywilligers, kan beïnvloed.
Dit is van belang vir MSF om deur die foto’s wat hulle op MSF Suid-Afrika se webtuiste plaas
die publiek in te lig oor die omstandighede van die populasie waarbinne die veldwerkers werk.
Persepsies rig denke en besluite – problematiese uitdagings kan ontstaan indien hierdie
persepsies in kontras staan met die persepsies wat MSF graag wil vorm met die gebruik van
foto’s op hulle webtuiste.
Die studie fokus vervolgens op die persepsies van potensiële vrywilligers van MSF, met
spesifieke fokus op die foto’s gebruik op MSF Suid-Afrika se webtuiste. Die algemene
doelstelling van hierdie studie is om vanuit ’n organisasiemediabestuursperspektief te bepaal
watter rol foto’s op MSF Suid-Afrika se webtuiste speel in die persepsievorming tydens
kommunikasie met potensiële vrywilligers as belangegroep.
Die hoof bevindinge van die studie toon dat foto’s ’n rol speel om betekenis by te dra tot
kommunikasie met belangegroepe, en dat die impak van die foto’s op MSF se webtuiste ’n rol
speel in potensiële vrywilligers se persepsievorming. MSF kan meer fokus op die rol wat foto’s
in die kommunikatiewe proses speel. Potensiële vrywilligers het verder aangetoon dat hulle
meer persoonlike aandag vanaf MSF wil hê. Daar is ook gevind dat dit van belang is dat MSF
se webtuiste visueel aanloklik moet wees en dat die foto’s wat op die webtuiste gebruik word
akkuraat en geloofwaardig moet wees. MSF se sukses kan verbeter as hulle meer aandag
aan potensiële vrywilligers gee. Respondente het verskillende voorstelle gemaak vir hoe MSF
meer vrywilligers kan werf. Die studie dra by tot die belangegroepbestuur tussen MSF Suid-
Afrika en hulle potensiële vrywilligers. Dit bied aan MSF Suid-Afrika geleentheid om beter te
verstaan wat ’n steekproef van potensiële vrywilligers tans dink van die gebruik van foto’s op
hulle webtuiste. / MA (Communication Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/15488
Date January 2014
CreatorsOlivier, Judette
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds