Return to search

Die meetbare effek van ’n elektroniese skryflaboratorium : ’n loodsprojek aan die Universiteit van Stellenbosch

Thesis (MA (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2004. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die geografiese ligging van enige bepaalde skryflaboratorium maak dit dikwels
moeilik vir verafgeleë afstandonderrigstudente om ’n konsultasie te ontvang. ’n
Veeleisende klasrooster kan dit vir residensiële studente enersyds problematiseer om
’n nabygeleë skryflaboratorium fisies te besoek vir hulp rakende ’n spesifieke
skryfopdrag. Hierdie twee studentegroepe benodig gewoonlik addisionele skryfhulp
om die tekskwaliteit van hulle geskrewe tekste te verbeter.
In hierdie werkstuk het die navorser gevolglik ondersoek ingestel of ’n elektroniese
skryflaboratorium, gegrond op die bestaande World Wide Writing (WWW)-model, ’n
statisties beduidende effek gelewer het om studente se skryfvaardighede te verbeter.
Die teoretiese raamwerk vir hierdie loodsprojek is verskaf deur Bereiter en
Scardamalia (1987) se tweeledige skryfprosesmodel. Laasgenoemde model het ’n
belangrike komponent van die ondersoek gevorm om die ontwikkeling van die
hersieningsfase
(waarmee ook herskrywing bedoel word) in die skryfproses te illustreer, nadat die
proefpersone blootgestel is aan ’n skryfadvies oor paragrafering.
Altesaam 67 tweedejaarproefpersone van die Universiteit van Stellenbosch het die
opdrag ontvang om verbeterings aan die paragraafstruktuur van hulle oorspronklike
teks aan te bring, ná verwysing van die elektroniese skryflaboratorium wat skryfhulp
aangebied het in die vorm van web-advies. Hierna het die proefpersone ook ’n
vraelys voltooi om hulle houding ten opsigte van die web-advies bloot te lê. ’n
Geselekteerde ekspertpaneel het gevolglik die paragraafstruktuur van die tekste
geëvalueer en sodoende aangedui of die tekskwaliteit verbeter het of nie. Hierdie
resultate is uiteindelik gebruik om die effek te meet wat ’n elektroniese
skryflaboratorium uitgeoefen het om die hersieningsfase van die skryfproses te
beheer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/1059
Date12 1900
CreatorsLoftie-Eaton, Eloise
ContributorsDe Stadler, L. G., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0194 seconds