Return to search

Validity in image-based research : a Delphi study

Thesis (DPhil)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The area of study is the notion of validity in image-based research, i.e. research
approaches where visual images such as photographs or video recordings form an
integral part of one or more of the methods used. In the literature investigation
chapters of the study, (1) the notion of validity is reviewed with special reference to
contributions by Cook and Campbell, Guba and Lincoln, Kvale, Lather and Morse;
(2) the inherent properties of visual images are discussed from a semiotic perspective,
and (3) following a discussion of reflexivity in image-based research, the various
domains of image-based research practice are demarcated according to the unit of
analysis, the data format, the researcher role (outsider, insider, participant) and the
production of the visual material (ex ante or ex post with weak or strong researcher
control). The literature investigation chapters were taken as the point of departure
for the development of a conceptual framework for assessing validity in image-based
research, the mechanics of which are illustrated with reference to selected aspects of
image-based research projects by Lomax and Casey, Clark and Zimmer, Rich and
Chalfen, DuFon and Chaplin. The conceptual framework was refined on the
strength of a Delphi study. The Delphi procedure involved canvassing and pooling
the opinions of experts in the field of image-based research about issues of validity
with a view to ensure that the assumptions made during the development of the
conceptual framework fit sufficiently with image-based research practice. Flowing
from the literature investigation chapters as well as the Delphi procedure, the central
thesis of the study is that the notion of validity is in the first instance contextdependent
and that this is compounded in the case of image-based research by the
relative instability of iconic codes and the strong drift towards 'unlimited' semiosis
inherent in the visual communication process. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studieveld behels ‘n ondersoek na die gedagte van geldigheid soos van toepassing
op beeldgebaseerde navorsing, d.w.s. navorsingsbenaderings waar visuele beelde soos
foto’s of video-opnames ‘n integrale deel uitmaak maak een of meer van die metodes
wat gebruik word. In die hoofstukke wat die literatuurstudie uitmaak, word (1) die
gedagte van geldigheid onder die loep geneem met spesifieke verwysing na die
bydraes van Cook en Campbell, Guba en Lincoln, Kvale, Lather en Morse, (2) word
die inherente eienskappe van visuele beelde vanaf 'n semiotiese oogpunt bespreek, en
(3) word die verskeie velde van beeldgebaseerde navorsingspraktyk afgebaken
volgens die eenheid van ontleding, die dataformaat, die rol van die navorser
(buitestaander, binnestaander, deelnemer) en die produksie van die visuele materiaal
(ex ante of ex post met sterk of swak navorserkontrole). Die hoofstukke wat gemoeid
is met die literatuurstudie is as vertrekpunt geneem vir die daarstelling van ‘n
konsepsuele raamwerk vir geldigheid aangaande beeldgebaseerde navorsing, en die
werking hiervan is geïllustreer met verwysing na geselekteerde aspekte van
beeldgebaseerde navorsing deur Lomax en Casey, Clark en Zimmer, Rich en Chalfen,
DuFon end Chaplin. Hierdie konsepsuele raamwerk is verder verfyn op grond van
‘n Delphi-prosedure. Die Delphi-prosedure het behels dat die opinies van
deskundiges in die veld van beeldgebaseerde navorsing aangaande kwessies van
geldigheid ingewin en saamgevoeg is met die oog om te verseker dat die aannames
wat gemaak is ten tyde van die ontwikkeling van die konsepsuele raamwerk
genoegsaam gepas is vir die praktyk van beeldgebaseerde navorsing. Die tesis van die
studie, gebaseer op die uitkomste van die literatuurstudie en die Delphi-prosedure, is
dat die gedagte van geldigheid konteks-afhanklik is, wat in die geval van
beeldgebaseerde navorsing vererger word deur die feit dat ikoniese kodes relatiefonstabiel is en dat die proses van visuele kommunikasie 'n sterk tendens na
'eindelose' semiosis toon.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16049
Date12 1900
CreatorsGaede, Rolf Joachim
ContributorsMouton J., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Sociology and Social Anthropology
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxi, 217 leaves : ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0021 seconds