Return to search

Die verkenning van die dinamiek rondom spirituele fiksheid en vroue met substansie-probleme in die herstelproses

Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study was to explore the dynamics between spiritual fitness
and women in recovery from substance-problems. The phenomenological method of
enquiry, and within this context, the qualitative approach, was followed. Interviews with
five women, four of whom received treatment at Stepping Stones Addiction Centre,
constituted the empirical data on which this research was based. These interviews
revealed remarkable experiences in the lives of these women.
The findings of the research indicate that women in recovery with substanceproblems
benefit tremendously from interaction with the dimension of spirituality.
Spirituality was understood in terms of the experience of intervention or support by a
power greater than themselves – an experience which gave meaning to the lives of
these women, which is manifested in their way of being and way of acting. This
includes a new sense of responsibility and self-respect which empower them to
become co-creators of their lives, and to contribute compassionately to the well-being
of others. The continuous and disciplined application of “spiritual tools”, practices and
guidelines constitute a growing dynamics of spiritual fitness which forms part of a
holistic approach to treatment and recovery. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die dinamiek tussen spirituele fiksheid en
vroue met substansie-probleme in die herstelproses, te verken. Die fenomenologiese
metode van ondersoek, en binne hierdie konteks die kwalitatiewe benadering, is
gebruik. Onderhoude met vyf vroue, van wie vier behandeling ontvang het by
Stepping Stones Addiction Centre, het die empiriese data waarop hierdie navorsing
gebaseer is, gekonstitueer. Hierdie onderhoude het merkwaardige ondervindings in
die lewens van die vroue blootgelê.
Die bevindings van die navorsing toon dat vroue met substansie- probleme in
die herstelproses geweldig by die interaksie met die spirituele dimensie gebaat het.
Spiritualiteit is verstaan in terme van die belewenis van intervensie of ondersteuning
deur ‘n mag groter as hulself – ‘n ervaring wat betekenis gegee het aan die lewens van
hierdie vroue, wat gemanifesteer het in hul wyse van bestaan en wyse van handel. Dit
sluit ‘n nuwe begrip van verantwoordelikheid en selfrespek in, wat hul bemagtig om
mede-skeppers van hul lewens te word, en op ‘n deernisvolle en empatiese wyse tot die
welsyn van ander by te dra. Die voortgaande en gedissiplineerde toepassing van
spirituele toerusting, gebruike en riglyne lei tot ‘n toenemende dinamiek van spirituele
fiksheid wat deel vorm van ‘n holistiese benadering tot behandeling en die
herstelproses.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16270
Date12 1900
CreatorsCombrinck, Izanette
ContributorsNaidoo, A.V., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatix, 182 leaves
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0059 seconds