Return to search

Obsessive-compulsive disorder : serotonergic and dopaminergic system involvement in symptom generation and treatment response

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: Investigations into the neurobiology of obsessive-compulsive disorder (OCD) have provided useful insights into this prevalent and disabling disorder in recent decades. Encouraging advances have also been made in the pharmacological treatment of OCD. This has improved the quality of life for many who typically endure chronic unremitting symptoms. Despite the widespread use of first-line agents selective for the serotonergic system in OCD, relatively little is known about the neurobiology of treatment response, the specific components of the serotonin system involved in symptom modulation, and the overlapping and distinct brain regions impacted by alternative treatment options. Despite the advance that selective serotonin re-uptake inhibitors have been, a significant proportion of patients still fail to respond adequately to these agents, and alternative pharmacological interventions are required. The use of dopamine antagonists, a strategy which until recently has had only limited supporting data, presents one such alternative. Little however, is known about which subsets of patients are most likely to respond to these agents.
In this thesis, I will present a series of six studies that use pharmacological treatments and single photon emission computed tomography (SPECT) to make contributions to three primary areas in OCD namely; neurobiology, treatment and the intersection of the two. First, I address OCD neurobiology by examining the impact of OCD on resting brain function. I then examine the effects of pharmacological challenge of the serotonin 1B receptor using sumatriptan on regional cerebral blood flow (rCBF) and clinical symptomatology. Second, I examine the intersection of neurobiology and treatment as I explore the changes in rCBF in response to treatment with inositol, a precursor of the phosphoinositol second messenger system. I then examine the distinct and overlapping effects on rCBF of treatment for 12 weeks with the selective serotonin re-uptake inhibitor (SSRI) citalopram across anxiety disorders. Third, I address treatment of OCD by examining the efficacy of controlled augmentation of serotonin re-uptake inhibitors with quetiapine, a dopamine antagonist, in treatment refractory OCD. I then combine this data with a second similar dataset to derive a predictive model for treatment outcome with quetiapine augmentation of SRIs. I demonstrate that rCBF in OCD differs significantly from normal controls, is correlated with severity in frontal brain regions, and remains an important line of investigation for OCD pathophysiology that has yet to fully delineated. Pharmacological challenge of the 5HT1B autoreceptor with the selective agonist sumatriptan results in heterogeneous behavioural and regional brain perfusion changes in OCD. Attenuation of pre-frontal perfusion following 5HT1B agonist administration is in line with the effects of SRIs. This work suggests that direct or indirect effects of SRIs on the 5HT1B receptor may be involved in mediating a clinical response in OCD.
In the section exploring the intersection of neurobiology and treatment, I show that changes in rCBF partially parallel treatment response to SSRIs across a range of anxiety disorders. These data suggest that a degree of overlap exists in the neurobiology of treatment response or indeed core neurobiology across different anxiety disorders. I then show that effective treatment with inositol in OCD results in rCBF changes that are partially in line with the effects of SRIs on brain perfusion. These data support suggestions that second messengers may form part of the common pathway of action for effective anti-obsessional compounds.
In the study in which we augmented SRIs with quetiapine, no advantage over placebo was found. This data has, however, recently been combined with similar data in meta-analyses and demonstrated a benefit over placebo. Finally, we found that patients who have failed fewer SRI trials, have more severe illness, and clinical dimensions with a putative dopaminergic underpinning, may derive preferential benefit from serotonin/dopamine antagonist augmentation of SRIs.
Through this series of clinical treatment and functional brain imaging studies in OCD, I have contributed to the neurobiological understanding of OCD, and its treatment in refractory populations. In addition I have explored the intersection of these two domains using novel as well as conventional treatment across other anxiety disorders. Treatment and pharmacological challenges used, either directly or indirectly impacted the monoamine systems serotonin and dopamine and advanced our understanding of their involvement in symptom generation. Future work should focus on the functional intersection of brain function, treatment response, and functional genetic polymorphisms within the monoamine systems of the brain. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Ondersoek na die neurobiologie van obsessief-kompulsiewe steuring (OKS) het in die afgelope dekades sinvolle bydraes gelewer tot die begrip van hierdie algemene en verminkende steuring. Bemoedigende vordering is ook in die farmakologiese behandeling van OKS gemaak. Dit het tot ’n verbetering in kwalitiet van lewe van meeste pasiënte gelei wat normaalweg kronies en onophoudelike simptome moet verduur. Ten spyte van die uiteenlopende gebruik van eerste-linie behandeling wat spesifiek inwerk op die serotonien sisteem in OKS, is relatief min bekend oor die neurobiologie van respons op behandeling. So ook is min bekend oor; eerstens die spesifieke komponente van die serotonien sisteem wat betrokke is by simptoom modulasie, en tweedens die gedeeltelik samevallende en afsonderlike brein streke wat deur alternatiewe farmakologiese behandelings beïnvloed word. Ten spyte van die vooruitgang wat die selektiewe serotonien heropname inhibeerders tot gevolg gehad het, is daar nog altyd ‘n betekenisvolle proporsie van pasiënte wat nie voldoende respondeer op hierdie behandelings opsie nie. Dus word alternatiewe opsies benodig. Een so ‘n opsie is die klas dopamien reseptor blokkeerders wat tot onlangs min ondersteunende data gehad het. So ook, is min bekend oor die subgroepe van pasiënte wat die meeste voordeel uit hierdie alternatief sal trek.
In hierdie proefskrif sal ek ‘n reeks van ses studies wat farmakologiese middels en enkel foton emissie rekenaar tomografie (EFERT) gebruik om ‘n bydra tot kennis in drie primêre areas van OKS te maak. By name; neurobiologie, behandeling, en die kruispunt van die twee. Eerstens spreek ek neurobiologie aan deur middel van ’n studie wat rustende brein bloed vloei (rBBV) in OKS ondersoek. Hierna ondersoek ek veranderings op rBBV en simptome na eenmalige toediening van ‘n serotonien 1B reseptor agonis, sumatriptan. Tweedens ondersoek ek die kruispunt van neurobiologie en behandeling deur die effek van behandeling met inositol, ‘n voorloper van die fosfoinositol tweedeboodskapper sisteem, op rBBV. Ek ondersoek dan die rBBV patroon van veranderinge in brein streke wat deur twaalf weke van behandeling met die selektiewe serotonien heropname inhibeerder citalopram in verskeie angversteurings bewerkstellig word. Laastens, spreek ek behandeling van OKS aan deur middel van ‘n gekontroleerde studie wat ondersoek instel na die effektiwiteit van die byvoeging van quetiapien, ‘n dopamien reseptor antagonis, tot serotonien heropname inhibeerders in behandelingsweerstandige OKS. Ek kombineer dan hierdie data met ’n soortgelyke datastel om ‘n model af te lei wat kliniese uitkoms vir hierdie behandelings opsie voorspel.
Ek het gedemonstreer dat rBBV in OKS betekenisvol verskil van gesonde vergelykbare kontroles. Hierdie verskille het gekorreleer met ernstigheid van OKS in frontale brein streke. Dus bly hierdie tipe studies ’n belangrike rigting van ondersoek in OKS patofisiologie wat tot op hede nie tenvolle uitgewerk is nie. Eenmalige toediening van sumatriptan, het heterogene gedrags en rBBV veranderings in OKS tot gevolg gehad. Pre-frontale verhogings in rBBV voor behandeling is met 5HT1B sumatriptan toediening verminder, ’n effek wat in lyn staan met die effek van selektiewe serotonien heropname inhibeerders. Hierdie werk stel voor dat direkte of indirekte effekte van selektiewe serotonien heropname inhibeerders op die 5HT1B reseptore betrokke mag wees by die meganisme van behandelingsrespons in OKS.
In die afdeling waarin ek die kruispunt van neurobiologie en behandeling ondersoek, demonstreer ek dat rBBV veranderings gedeeltelik oorvleuel met dié wat deur selektiewe serotonien heropname inhibeerders veroorsaak word in verskeie angsversteurings. Hierdie data stel voor dat oorvleueling in die neurbiologie van beide behandelingsrespons en kern neurobiologie van hierdie angversteurings ’n waarskynlikheid is. Ek wys ook dat effektiewe behandeling met inositol in OKS ook veranderings in rBBV bewerkstellig wat gedeeltelik in lyn staan met dié van die selektiewe serotonien heropname inhibeerders. Hierdie data ondersteun dus hipoteses van ‘n gemeenskaplike meganisme, wat tweede boodskapper sisteme insluit, wat in die behandelings respons van effektiewe anti-obsessionale middels betrokke is.
Die finale deel van hierdie proefskrif handel oor behandeling van OKS. Ten spyte van die onvermoë om ‘n verskil tussen quetiapien en plasebo te demonstreer, het ons onlangs met hierdie data in ‘n reeks meta-analises wel ‘n voordeel vir hierdie intervensie getoon. Ten slote, het ons gevind dat (1) pasiënte wat minder kursusse selektiewe serotonien heropname inhibeerders gefaal het; (2) voor behandeling ‘n erger vorm van OKS gehad het, en (3) ook voordoen met simptoom dimensies wat oënskynlik ‘n dopaminerge basis het, die grootste waarskynlikheid toon om met quetiapien byvoeging tot selektiewe serotonien heropname inhibeerders te respondeer.
Met hierdie reeks behandelings en funksionele breinbeeldings ondersoeke, lewer ek ‘n bydra tot die begrip van OKS. Spesifiek dra ek by tot die begrip van die neurobiologie, hantering van behandelingsweerstandige OKS asook die kruispunt van die twee. Farmakologiese middels wat ons óf eenmalig óf vir ‘n volle behandelingskursus toegedien het, het direkte of indirekte uitwerkings op die serotonien and dopamien sisteme gehad, en dus dra hierdie werk ook by tot kennis oor dié se betrokkenheid al dan nie in simptoom modulasie in OKS.
Toekomstige werk in die area sal in die breë fokus op die kruispunt van breinfunksie, behandelingsrespons en funksionele genetiese polimorfismes van die monoamien sisteem.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/21602
Date03 1900
CreatorsCarey, Paul D. (Paul Dermot)
ContributorsStein, Dan, Audenaert, Kurt, Stellenbosch University. Faculty of Health Sciences. Dept. of Psychiatry.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format162 leaves : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds