Return to search

The potential for FDI: Malaysia and South Africa : a comparative study

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT:

Please refer to fulltext for abstract / AFRIKAANSE OPSOMMING:

Buitelandse Direkte Investering (BDI) kan 'n beduidende rol in die ontwikkelingsproses
van 'n land speel. Vir hierdie rede is gasheerlande begerig om investering te lok en wel
vir die voordele wat dit bring. Meeste ontwikkelende lande promoveer hulleself vir
hierdie doel. Voorbeelde hiervan is die liberalisering van wetgewing en regulasies om
dit vir BDI aantreklik te maak soos die verskaffing van waarborge oor die repatriasie
van winste en die skep van meganismes vir die beslegting van investeringsgeskille. Dit
lei egter nie outomaties tot verhoogde investering nie.
Oor die afgelope 10 jaar het die VN se Konferensie vir Handel en Ontwikkeling
(VNKHO) byvoorbeeld bevind dat Suid-Afrika se beleggingspotensiaal nie ten volle
benut word nie. Die doel van hierdie studie is om uit te vind wat die redes hiervoor is.
Oënskynlik beskik Suid-Afrika oor alle vereistes: 'n stabiele ekonomie en politieke
sisteem en 'n goeie beleggingsklimaat. Ten einde die probleem beter te verstaan, is 'n
vergelykende BDI studie met Maleisië onderneem wat veel meer suksesvol was. 'n
Vergelykende metodologie is ontwerp wat gebaseer is op kriteria van die VNKHO se
World Investment Reports en die World Association of Investment Promotion Agency
(WAIPA). Beleide, vergelykende mededingendheid, handelsooreenkomste en
belastingaansporings is ook by die vergelykings ingesluit. Dit is spesifiek gedoen omdat
die kwessie van belastingaansporings 'n kontroversiële saak is. Lok dit regtig
beleggings? Is daar dalk ander kostes hieraan verbonde?
Die vergelykende metodologie het nuttige insigte opgelewer, ook hoekom BDI nie altyd
plaasvind nie. Daar is vier faktore wat Suid-Afrika benadeel: arbeidshulpbronne,
beperkte plaaslike en streeksmarkte in Afrika, politieke en ekonomiese onsekerheid, en
yslike maatskaplike probleme met armoede en vigs. Daar mag egter ook ander faktore
wees waarom spesifieke transnasionale korporasies nie belê nie. Dit is bevind dat die
SA regering méér kan doen om aktiewe BDI te bevorder, selfs met gerigte aansporings.
Dit is van die grootste verskille met Maleisië.
Hierdie studie het ook bevind dat vergelykende metodologieë meer kan doen om van
groot maatskappye te verneem waarom beleggingsbesluit geneem, of nie geneem
word nie. Die volgende drie leemtes kan ook uitgewys word: wat is die spesifieke impak wat BDI op die Suid-Afrikaanse ekonomie het? Dis onseker. Wat beplan die regering
ten opsigte van BDI strategieë en aansporings? Geen nuwe beleide is die afgelope jare
geformuleer nie. Laastens, behoort soortgelyke tersaaklike inligting in aanbevelings
bevat te word wat Suid-Afrika se BDI prestasie verhoog.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50508
Date12 1900
CreatorsMichau, Jarrett
ContributorsBreytenbach, W., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format170 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds