Return to search

Die verband tussen adolessente se persepsies van gesinsfunksionering en hulle identiteitsontwikkeling

Thesis (MEdPsych)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The adolescent's efforts to discover and create an identity are the most important
task of this period of life. Identity formation can be regarded as a central
developmental task during adolescence. For Erikson (1968) adolescence is
marked by the need to resolve the crises of identity vs role confusion.
The child cannot be seen in isolation from his system, especially the family in
which he/she functions. The adolescent's identity and how he/she respond to the
teenage years and development to adulthood is influenced by what happens in
the family.
The aim of the study is to investigate the relationship between the adolescent's
perception of family functioning and identity development.
The target group was Grade 12 (163) pupils from 3 secondary schools within
Circuit 1 in the Bellville region in Cape Town.
Two instruments were used, The Extended Objective Measure óf Ego Identity
Status (EOM-EIS-2) (Adams,1999; Bennion and Adams,1986) and the Family
Functioning in Adolescence Questionnaire (FFAQ) (Langey,1994). The EOMEIS-
2 is a self administered questionnaire. The 64-item instrument is an
extension of Marcia's identity status paradigm and assesses psychosocial
maturity with regard to oocupational, religious, political, and social dimensions of
identity development. The FFAQ is developed to provide an instrument for
assessing the psychosocial health of the family during the stage of having
adolescent children, as perceived by the adolescent. It examines six dimensions
of family functioning: structure, affect, communication, behaviour control, value
transmission and external systems.
In view of the results reported the most important findings can be summarized as
follows:
Identity diffusion shows a significant negative correlation with various
dimensions of family functioning, including affective interaction in the
family, communication, behavior control, the transmission of values, and
the role of external systems in family life. This finding partly applies to
three of the four subgroups, with the Afrikaans-speaking males the only
exception.
Among the English-speaking subgroup (males and females) the identity
achievement status shows a significant positive correlation with
communication and with the transmission of values in the family.
Among the Afrikaans-speaking subgroup (males and females) the identity
foreclosure status shows a significant positive correlation with
communication, behavior control, the transmission of values, and the role
of external systems in family life.
Various important implications for education were pointed out. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die adolessent se pogings om 'n identiteit te vorm en te ontdek is die
belangrikste taak van hierdie lewensfase. Identiteitsontwikkeling kan dus beskou
word as 'n sentrale ontwikkelingstaak gedurende adolessensie. Vir Erikson
(1968) word adolessensie gekenmerk deur die behoefte om die krisis van
identiteit teenoor rolverwarring op te los.
Die kind kan nie in isolasie van sy/haar sisteme gesien word nie, veral die gesin
waarin hy/sy funksioneer. Die adolessent se identiteit en hoe hy/sy die tienerjare
en die ontwikkeling na volwassenheid hanteer, gaan beïnvloed word deur wat
gebeur in die gesinskonteks.
Die doel van die studie was om die verband tussen adolessente se persepsies
van spesifieke dimensies van hul gesinsfunksionering en hul identiteitsvorming te
ondersoek.
Die ondersoekgroep (N=163) het bestaan uit die graad 12-leerders van drie
sekondêre skole binne Kring 1 van die Bellville-streek in Kaapstad.
Twee instrumente is gebruik. naamik die Extended Objective Measure of Ego
Identity Status-2 (EOM-EIS-2) (Adams, 1999; Bennion & Adams,1986) en die
Vraelys vir Gesinsfunksionering gedurende Adolessensie (VGFA) (Langley,
1994). Die EOM-EIS-2 is 'n self-verslag vraelys, wat bestaan uit 64-items wat
psigososiale volwassenheid in die ideologiese domein en die interpersoonlike
domein van identiteitsontwikkeling meet. Die Vraelys vir Gesinsfunksionering
gedurende Adolessensie (VGFA) word in hierdie ondersoek as instrument.
gebruik om die psigososiale funksionering van die gesin, volgens die persepsies
van die adolessent, te bepaal. Ses dimensies van gesinsfunksionering word
afsonderlik, sowel as gesamentlik, ondersoek, naamlik: struktuur, affek, kommunikasie, gedragskontrole, waarde-oordrag en die rol van eksterne
sisteme.
Van die belangrikste bevindinge wat uit die ondersoek geblyk het, is die
volgende:
Identiteitsdiffusie toon 'n beduidende negatiewe korrelasie met verskeie
dimensies van gesinsfunksionering, insluitend affektiewe interaksie,
kommunikasie, gedragsbeheer en die oordrag van waardes in die gesin,
asook die rol van eksterne sisteme in die gesinslewe. Hierdie tendens is by
drie van die vier subgroepe gevind, uitgesluit die Afrikaanssprekende seuns.
- Slegs in die Engelssprekende groep (meisies en seuns) toon die
identiteitsverwerwingstatus 'n beduidende positiewe korrelasie met
gesinsdimensies soos kommunikasie en die oordrag van waardes.
In die Afrikaanssprekende groep (meisies en seuns) toon identiteitsluiting 'n
beduidende positiewe korrelasie met gesinskommunikasie, gedragsbeheer,
die oordrag van waardes, en die rol van eksterne sisteme.
Belangrike opvoedkundige implikasies van die ondersoekbevindinge word
aangedui.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52793
Date12 1900
CreatorsAdams, Quinton N. P.
ContributorsAckermann, C. J., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format82 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0026 seconds