Return to search

'n Evaluering van die kostedoeltreffendheid van maatskaplikewelsynsprogramme vir die versorging van ouer persone in residensiele fasiliteite

Thesis (MSocialWork) -- University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Since 1988 it became practice for welfare organisations to submit an evaluation of
their welfare programme as part of their application for state funding for the next year.
Included in this evaluation is a section on the cost efficiency of the programme. After
the first democratic election in 1994 a number of processes were started to develop
new welfare policies for the country. In all of these processes cost efficiency is seen
as a principle, but in spite of this, so it seems from the documents, is the evaluation
of cost efficiency still a problem. The question therefore arises: What is the present
status of the evaluation of the cost efficiency of social services after twelve years of
program evaluation?
Only a few studies on the methodology of the evaluation of cost efficiency within the
South African context were found through the literature study. An exploratory study
was therefore undertaken to determine what the reasons could be why so little
progress was made with cost effiency evaluation. The empirical study focussed on
residential facilities for older persons and was done within one welfare organisation
in the Western- and Southern Cape. A sample of twenty managers was randomly
selected and fifteen respondents returned the questionaire. It is a potential danger
that managers of residential facilities for older persons could see the evaluation of the
services rendered as just another administrative task, because of the very strong link
between evaluation and the application for state funding. The researcher therefore
wanted to ascertain what the attitude of the managers is towards the evaluation of their
services, and especially the evaluation of the cost-efficiency thereof.
It was found that the managers are positive towards program evaluation and the
evaluation of cost efficiency, but the majority of them responded that the lack of
guidelines and manuals is a deficiency. The lack of proper measuring instruments
was also stressed. The research also shown that the managers conceptualize cost
efficiency mainly in terms of costs and not as a relation between the outcomes of the
programme and the costs thereof. The managers of residential facilities uses the evaluation document that was send out
by the department, because it forms part of the application for state funding. This
means that the level of program evaluation is actually determined by the department.
It was found that this document focused mainly on the measuring of inputs and outputs
and not so much of the evaluation of the outcomes of the programme. Based on the
results of the study the researcher proposed guidelines to promote the evaluation of
the cost efficiency of social services. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit is sedert 1988 praktyk dat vrywillige welsynsorganisasies jaarliks 'n evaluering van
hulle maatskaplikewelsynsprogram moet indien as deel van die aansoek om
staatsubsidie vir die volgende jaar. By hierdie evaluering van die maatskaplikewelsynsprogramme
is die evaluering van die kostedoeltreffendheid van die program
ingesluit.
Na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het verskeie prosesse aan die gang
gekom om nuwe maatskaplikewelsynsbeleid vir Suid-Afrika te ontwikkel. In al die
dokumente wat deur die prosesse ontwikkel is, word die kostedoeltreffendheid van
maatskaplikewelsynsdienste as 'n belangrike beginsel gestel. Tog blyk dit, uit die
verslae van sommige van die prosesse, dat die evaluering van kostedoeltreffendheid
'n probleem blyk te wees. Die vraag ontstaan dan tereg: Wat is die huidige stand
van die evaluering van die kostedoeltreffendheid van maatskaplikewelsynsprogramme
twaalf jaar sedert die implementering van programevaluering?
Uit die literatuurstudie het dit geblyk dat daar min studies in Suid-Afrika bestaan wat
handel oor die metodiek van kostedoeltreffendheidsevaluering van maatskaplikewelsynsprogramme.
Verkennende navorsing is onderneem om vas te stel waarom
daar oënskynlik min vordering gemaak is met die evaluering van kostedoeltreffendheid
van maatskaplikewelsynsprogramme. Die empiriese studie het gefokus op
residensiële fasiliteite vir ouer persone en die navorsing is uitgevoer by een
welsynsorganisasie in die Wes- en Suid-Kaap. 'n Steekproef van twintig bestuurders
is op ewekansige wyse geselekteer en vyftien respondente het die vraelys
teruggestuur. Die gevaar bestaan dat, vanweë die sterk verband tussen die
evaluering van die program en die aansoek vir subsidie, die evaluering van die
maatskaplikewelsynsprogram bloot net as nog 'n administratiewe taak gesien kan
word. Daarom wou die navorser vasstel wat die bestuurders van residensiële
versorgingsprogramme vir ouer persone se houding jeens programevaluering en die
evaluering van die kostedoeltreffendheid van die program is. In die studie is bevind dat die bestuurders positief jeens programevaluering en die
evaluering van die kostedoeltreffendheid van die programme is, maar die oorgrote
meerderheid bestuurders het aangedui dat hulle dit as 'n leemte sien dat daar min
riglyne of handleidings bestaan. Die gebrek aan meetinstrumente is ook beklemtoon.
Uit die studie het dit verder geblyk dat die bestuurders die konsep kostedoeltreffendheid
hoofsaaklik in terme van koste verstaan, en nie in terme van 'n
verhouding van die uitkomste van die program tot die koste daarvan nie.
Die bestuurders van residensiële fasiliteite voltooi jaarliks die evalueringsdokument
van die betrokke staatsdepartement, omdat dit deel vorm van die
aansoekprosedure vir staatsubsidie. Hierdie dokument bepaal derhalwe die vlak van
programevaluering. Dit het uit die studie geblyk dat die dokument wat gebruik word
grootliks fokus op die meting van insette en uitsette en nie soseer op die uitkomste
van die welsynsprogramme nie.
Gebaseer op die bevindinge van die navorsing is riglyne voorgestel wat sal meewerk
om die evaluering van die kostedoeltreffendheid van maatskaplike dienste te
bevorder.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52953
Date03 1900
CreatorsVan der Merwe, William Charles
ContributorsCronje, J. I., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatvii, 134 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0026 seconds