Return to search

Riglyne vir die ontwikkeling van 'n intervensieprogram gerig op die jeugoortreder in die gevangenis

Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Juvenile offenders have certain characteristics, which separate them from the law
abiding young people. These characteristics, together with the subcultures inside
prison in which they become socialized, can cause dysfunctional development, which
in turn can lead to recidivism. To approach this client system and plan intervention
according to the ecological perspective, the social worker needs to be equipped with a
certain knowledge base. Firstly, knowledge is necessary about the profile of the
juvenile offender. Secondly, the social worker has to understand the impact that a
prison environment can have on the juvenile. Thirdly, it is also important that the
worker knows how these factors can influence the intervention process and also be
aware of different methods to strengthen the social functioning of the juvenile in
pnson.
This study endeavours to create a scientifically based framework for the development
of a strategy for intervention with the juvenile offender, in order to bring about
appropriate social functioning and by doing this, reduce recidivism. The research
includes aspects of all three the recognized types of research, namely: exploratory,
descriptive and explanatory. The profile of the juvenile offender, as well as ways in
which the prison environment impacts on his development was determined by means
of interviews and described in terms of the effect it might have on the intervention
process. The respondents consisted of 11 ex juvenile offenders.
Conclusions and recommendations were made which focussed, amongst others, on the
various phases in the group work process and the development of knowledge
regarding the juvenile offender. This research report can be utilized by social workers
for effective intervention with juvenile offenders in prison. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Jeugoortreders het sekere karaktereienskappe wat hul van wetsgehoorsame jeugdiges
onderskei. Hierdie karaktertrekke, tesame met die gevangeniskultuur waarbinne hul
gesosialiseer word, veroorsaak disfunksionele ontwikkeling wat weer na residivisme
kan lei. Om volgens 'n ekologiese perspektief intervensie met hierdie kliëntsisteem te
benader, is dit eerstens noodsaaklik dat die maatskaplike werker die profiel van die
jeugmisdadiger ken. Tweedens is dit nodig dat die werker die impak van die
gevangenisomgewing op die jeugdige verstaan. Derdens is dit belangrik dat die
werker weet hoe hierdie faktore op die hulpverleningsproses kan impakteer en ook
bewus moet wees van verskeie metodes om die jeugdige in die gevangenis se
maatskaplike funksionering te beïnvloed.
Hierdie studie bevat kenmerke van al drie die erkende navorsingsdoelstellings,
naamlik verkenning, beskrywing en verklaring. Die ondersoek het ten doel om 'n
wetenskaplik gefundeerde raamwerk daar te stel vir die ontwikkeling van 'n
intervensiestrategie ten opsigte van jeugmisdadigers in die gevangenis, ten einde
funksionele maatskaplike funksionering mee te bring en sodoende residivisme te
verminder. Die profiel van die jeugmisdadiger en die impak van die omgewing op sy
ontwikkeling is deur middel van onderhoude bepaal en beskryf in terme van die
invloed wat dit op die intervensieproses kan hê. Respondente in die navorsing het uit
elf vrygelate jeugmisdadigers bestaan.
Gevolgtrekkings en aanbevelings is gemaak wat onder andere gefokus het op die
verskeie fases in die groepwerkproses en ontwikkeling van kennis oor die betrokke
kliëntsisteem. Hierdie navorsingsverslag sal deur maatskaplike werkers benut kan
word vir effektiewe hulpverlening aan jeugdiges in die gevangenis.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53035
Date03 1900
CreatorsCelliers, Cindy
ContributorsCronje, J., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences . Dept. of Social Work .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format142 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0022 seconds