Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on the role of political elites in addressing the problem of why a
durable peace has eluded Israeli Palestine.
A theoretical background study was made on the articulation of identity within a
civilization. This established identity formation as a political process. To see how the
manipulation of the structure within which identity formation processes take place, six
critical indicators were identified. These are: Manufacturing conditions of
underdevelopment; Un-integrated social and political systems, and distributive injustice;
Fostering cleavages, stereotypical images and political symbolism; Placing issues under
the 'sign of security'; The production of insecurity through the manipulation of identity
formation processes; and Monopolising the conflict resolution process.
Political elite creation and perpetuation of structures for conflict shows an inherent
inability to bring about a lasting peace in a protracted social conflict for conflict has
become the source, rather than the outcome of policy formation. As a result this thesis
calls for a more inclusive approach to conflict resolution, one that goes beyond the
processes of arbitration, mediation, negotiation and facilitation, to include conciliation at
grass roots level between civilizations, sincerely exploring the underlying emotional
legacies of fear, hatred, sorrow and mistrust. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die rol gespeel deur politieke elites in die voortslepende
vraagstuk rondom vrede in Israel/Palestina.
'n Teoretiese agtergrondstudie is onderneem om die uitdrukking van 'n samelewing oftewel
volksidentiteit te ondersoek. Die studie het laat blyk dat identiteitsformulering 'n
politieke proses is. Om waar te neem hoe die manipulasie van die struktuur waarbinne
identiteitsformulering plaasvind, is ses kritiese indikators geïdentifiseer, te wete: die
skepping van toestande vir onderontwikkeling; ongeïntegreerde sosiale en politieke
sisteme en ongelyke verdeling van welvaart; doelbewuste voortsetting van etniese
verskille, stereotipering en politieke simbolisme; plasing van kwessies onder die vaandel
van "sekuriteit"; die produksie van "onsekerheid" deur die manipulasie van
identiteitsformulering prosesse; en die manipulasie van konflik resolusie prosedures.
Skepping en doelbewuste voortsetting van strukture vir konflik deur politieke elites dui
op 'n onvermoë om langdurige vrede in 'n 'uitgerekte sosiale konflik' te bewerkstellig.
Konflik het die oorsprong, eerder as die uitkoms van beleid geword. As gevolg van
hierdie feite doen die tesis 'n beroep dat konflik resolusie as dissipline 'n meer
inklusiewe benadering volg. Die resolusie prosesse van mediasie, arbitrasie, fasilitering
en onderhandeling is opsigself nie genoeg nie en behoort vergesel te word deur die proses
van konsiliasie op grondvlak tussen samelewings. Hierdie proses moet deel vorm van 'n
opregtheid om mense se vrese, haat, seer en wantroue met ootmoed aan te hoor.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53118 |
Date | 12 1900 |
Creators | Van Niekerk, Jaco Philip |
Contributors | Du Toit, P., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Political Science. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 84 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0018 seconds