Return to search

Biologiese beheer van plantparasitiese nematodes met die swam Paecilomyces lilacinus by aartappels, sitrus en wingerd

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Paecilomyces Ii/acinus, ras 251 (geregistreer in terme van wet 36 van 1947 as Suid-Afrika se eerste
natuurlike nematisiede en kommersieel beskikbaar as PI Plus) is as biologiese beheer agent getoets by
aartappels en in geïntegreerde beheer programme by sitrus en wingerd teen respektiewelik Me/oidogyne
species, Ty/enchu/us semipenetrans en verskeie ektoparasitiese nematodes. Die swam toon belofte vir
die beheer van hierdie nematodes en het terselfdertyd nie 'n nadelige effek op nie-teiken, voordelige
organismes in die grond nie. Veral in kombinasie met chemiese middels, as deel van geïntegreerde
programme, kan dit lei tot verminderde gebruik van hoogs toksiese middels en dus meer
omgewingsvriendelike landboupraktyke.
Biological control of plant parasitic nematodes on potatoes, citrus and grapevine with the
fungus, Paecilomyces liIacinus.
Paecilomyces liIacinus, race 251 (registered in terms of act 36 of 1947 as South Africa's first natural
nematicide, commercially available as PI Plus) was tested as a biological control agent on potatoes and
in integrated control programs on citrus and grapevine against Me/oidogyne species, Ty/enchu/us
semipenetrans and various ectoparasitic nematodes respectively. The fungus shows promise for the
control of these nematodes, without having a harmful effect on non-target, beneficial organisms in the
soil. Especially in combination with chemical products, as part of integrated programs, this can lead to
less use of highly toxic compounds and thus to more environmentally friendly agricultural practices. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Sedert die ontdekking van die swam, Paeci/omyces Ii/acinus (Thom.) Samson as 'n effektiewe
eierparasiet van Meloidogyne incognita acrita en Globodera pal/ida (Jatala et al., 1979) het verdere
veldproewe in Peru tot die effektiewe beheer van M. incognita en Tylenchulus semipenetrans gelei. Na
verskeie suksesse in Peru is die swam onder verskillende klimaat- en grondkondisies in verskeie ander
lande beproef. Die sukses behaal in die Filippyne het gelei tot die kommersiële produksie van die swam
onder die handelsnaam Biocon. Anders as met chemiese middels vind die werking van biologiese
agente stadig oor tyd plaas. Biologiese beheer sal nie chemiese beheer sonder meer kan vervang nie.
Dit behoort egter deel te vorm van geïntegreerde nematode bestuur. Inkorporering van die natuurlike
organismes, die oordeelkundige gebruik van chemiese nematisiedes, moontlik in kombinasie met die
biobeheer agente, weerstand, en ander kulturele praktyke moet ernstig oorweeg word as ons hoop om
die steeds groeiende wêreldbevolking te voed (Jatala, 1986).
Paecilomyces liIacinus, ras 251, Suid-Afrika se eerste geregistreerde natuurlike nematisiede,
kommersieel beskikbaar as PI Plus, is in die Olifantsrivier besproeiingsgebied geëvalueer vir die bestuur
van ekonomies belangrike plantparasitiese nematodes by aartappels, sitrus en wingerd. Hierdie
gewasse is belangrike bedryfstakke van die streek en is onderhewig aan skade deur nematodes wat die
opbrengs nadelig beïnvloed. Chemiese beheer bied slegs 'n korttermyn oplossing vir nematode
probleme en skadelike getalle word in 'n kort tyd weer opgebou. Boonop lei dié hoogs toksiese middels
tot agteruitgang van die omgewing en sy waterbronne. Die toenemende besorgdheid hieroor en die
groot potensiaal van biologiese beheer agente (Jatala, 1986) was die hoofrede vir die werk waaroor hier
gerapporteer word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53311
Date12 1900
CreatorsNeethling, Jacob van der Westhuizen
ContributorsMeyer, A. J., Stellenbosch University. Faculty of AgriScience. Dept. of Conservation Ecology and Entomology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format63 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0021 seconds