Return to search

Information systems adoption in small business firms in the Western Cape

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: With the advent of low priced and easy to use computing capability, information systems
have become more accessible to smaller business. Despite the increased availability and
affordability, the perception exists that many small businesses are reluctant to adopt
technology that might enhance their operations. Besides the opportunities brought about by
information systems, this exposes businesses to additional risks and confusions.
The purpose of this study was to identify the state of use of various information systems, the
perception held about the business value of information systems and the factors that influence
the adoption of these systems by small businesses in the Western Cape. Based on previous
research in information systems adoption and theories from the technological innovation
literature, ten variables under the four broad categories of decision-maker characteristics,
organisational characteristics, information systems characteristics and external influences
were specified as primary determinants of adoption. These variables are the decision makers'
innovativeness, information systems knowledge and computer self-efficacy, the business size,
the availability of slack financial resources, employees' information systems knowledge, the
importance of information to the business, the perceived relative advantage of using
information systems, the social expectations about information systems use, and competitive
pressure. A distinction was made between the initial adoption decision and the extent of
adoption.
Data for the study was collected by means of a survey of 89 small businesses with less than
60 employees. Discriminant analysis was used to identify determinants for the initial decision
to adopt information systems, while structural equation modelling was used to identify the
factors that influence the extent of adoption. The findings in this study suggest that the
computer self-efficacy, information systems knowledge and innovativeness of the decisionmaker,
business size, perceived relative advantage and competition are important
determinants of the decision to adopt information systems. Once adopted, the decisionmaker's
innovativeness, business size, employee's information systems knowledge and
competition were found to further influence the extent of adoption. Although small businesses generally have a very positive view about the advantages of using
information systems, there is still scope for growth in information systems use in this sector.
The most common use for information systems is at an operational level. Very few small
businesses make strategic use of information systems. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die ontwikkeling van relatief goedkoop en gebruikersvriendelike rekenaartegnologie het
inligtingstelsels meer toeganklik vir kleinsakeondernemings gemaak. Ten spyte hiervan,
bestaan 'n persepsie dat klein besighede traag is met die ingebruikneming van inligtingstelsels
om hulle operasionele metodes te verbeter. Inligtingstelsels ontwikkel nuwe geleenthede vir
kleinsakeondernemings, maar dit veroorsaak ook addisionele risikos en verwarring.
Hierdie studie poog om die omvang van inligtingstelselgebruik, die persepsies omtrent die
gebruik daarvan, en die faktore wat die ingebruikneming van inligtingstelsels in
kleinsakeondernemings beïnvloed in die Wes Kaap te ondersoek. 'n Model wat gebaseer is
op vorige studies van inligtingstelsel gebruik in kleinsakeondernemings, asook die teorie van
tegnologiese innovasie, word opgestel en getoets. Die model identifiseer en omskryf tien
veranderlikes in vier kategorieë wat die ingebruikneming van inligtingstelsels beïnvloed. Die
vier kategorieë is die eienskappe van die besluitnemer in die onderneming, eienskappe van die
onderneming, eienskappe van die inligtingstelsels self en eksterne faktore. Die
besluitnemereienskappe wat ondersoek is, is innovasie, kennis van inligtingstelsels, en
rekenaarselfvertroue. Vier sakeondernemingseienskappe, te wete grootte, beskikbaarheid van
spaar finansiële bronne, inligtingstelselkennis van personeel en die belangrikheid van inligting
vir die onderneming, is ondersoek. Onder die inligtingstelseleienskappe is die persepsie van
die relatiewe voordeel wat inligtingstelsels aan kleinsakeondernemings bied gemeet, en die
eksterne faktore wat ondersoek is, was die status wat geassosieer word met die gebruik van
inligtingstelsels asook druk as gevolg van kompetisie. Onderskeid is getref tussen die besluit
om inligtingstelsels te gebruik en die vlak van penetrasie van inligtingstelsels in die
kleinsakeonderneming nadat die aanvanklike besluit geneem is.
Data is ingesamel deur middel van 'n vraelys, wat deur 89 klein besighede voltooi is. Die
grootte van die kleinsakeondernemings het gewissel tussen eenmansake en sakeondernemings
met maksimaal sestig werknemers. Multiveranderlike statistiese metodes is gebruik om die
data te ontleed. Daar is bevind dat die besluitnemer se rekenaarselfvertroue, sy inligtingstelselkennis, sy
innovasie, die grootte van die sakeonderneming, relatiewe voordeel, en kompetisie belangrike
invloede is ten opsigte van die besluit om inligtingstelsels aan te neem.
Nadat die besluit geneem is om wel inligtingstelsels te gebruik, word die mate van gebruik
bepaal deur die innovasie van die besluitnemer, die grootte van die sakeonderneming, die
werknemers se kennisvlak van inligtingstelsels en kompetisie.
Oor die algemeen beskou kleinsakeondernemings inligtingstelsels as voordelig, maar dit lei
nie noodwendig tot die ingebruikneming daarvan nie. Daar is steeds heelwat moontlikhede
vir groei in die gebruik van inligtingstelsels in hierdie bepaalde sektor.
Kleinsakeondernemings maak hoofsaaklik gebruik van stelsels om hulle bedryf te verbeter
maar wend dit selde strategies aan.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53466
Date12 1900
CreatorsDe Wet, Jacques Milne
ContributorsFourie, L. C. H., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format178 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0494 seconds