Return to search

Undergraduate speech-language therapy students’ perceived competence to treat persons who stutter following an additional training component using a simulated patient

Thesis (MPhil (Centre for Health Sciences Education)--University of Stellenbosch, 2010. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Doel: Te min spraak-taalterapeute (STT’e) wêreldwyd spreek vlotheidsversteurings aan. Dit mag
aan hul gevoelens van onbevoegdheid in die hantering van persone wat hakkel toegeskryf word.
Nuut-gegradueerde STT’e, in die Suid-Afrikaanse konteks, het dikwels nie toegang tot
ondersteuning en leiding van ervare klinici om hul vaardighede en bevoegdheid in die hantering
van persone wat hakkel, te ontwikkel nie. Die doel van hierdie studie was om voorgraadse STTstudente
se persepsies van hul eie bevoegdheid om persone wat hakkel te hanteer, te ondersoek
en beskryf 1) direk na die voltooiing van hul teoretiese module en voor kliniese plasing, en 2) na
blootstelling aan ‘n bykomende opleidingskomponent waar hulle waargeneem het hoe intervensieprosedures
op ‘n gesimuleerde pasiënt toegepas word. Metodes: ‘n Beskrywende opnameontwerp,
met pre- en post-intervensie-vraelyste is gebruik om die andragogiese benadering se
impak op studente, voor en nadat hulle die bykomende opleidingsgeleentheid ontvang het, te
evalueer. Resultate: Voor die intervensie het die meeste studente hulself nie as bevoegd geag om
persone wat hakkel te evalueer of behandel nie. Na die intervensie is statisties beduidende
veranderinge in die studente se self-ervare bevoegdheid vir die meeste aspekte verwant aan die
evaluering en behandeling van mense wat hakkel, gerapporteer. Opsomming: Daar is tot die
gevolgtrekking gekom dat die studente hierdie tipe innoverende opleidingsmetodologie hoog op
prys stel en dat dit ‘n nodige aanvulling tot studente se bestaande kliniese plasings is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/5391
Date12 1900
CreatorsVermeulen, Carianne
ContributorsVan Heerden, Ben, Klop, Daleen, University of Stellenbosch. Faculty of Health Sciences. Centre for Health Sciences Education.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format31 p.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0655 seconds