Return to search

Maatskaplike werkers se sienings oor die seksuele mishandeling van seuns in die middelkinderjare

Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: The sexual abuse of boys is regarded as a worldwide problem. Even in South Africa the
sexual abuse of boys is described as an epidemic that as the social work phenomenon of
women as perpetrators, can no longer be seen as rare. Although legislation, The South
African Children’s Act, 38 of 2005 (2006) and The Sexual Offences Amendment Act, 32 of
2007, have contributed to a greater awareness with regards to the boy as victim of sexual
abuse, there still is a lot of misconceptions with regards to the boy as victim of sexual abuse.
A need for formal scientific research with regards to this problem was therefore identified
and lead to the conducting of this study. Focusing on the sexual abuse of the boy in middle
childhood was the purpose of this study, because the middle childhood is seen as the most
vulnerable developmental phase for the boy to be sexually abused in. Social workers play a
primary role in the prevention, early intervention, intervention and after care in this regard.
This study was aimed at determining social workers’ opinions on the sexual abuse of boys in
middle childhood. The purpose of the study was met through the five goals that were
determined. The goals of the study were to discuss the middle childhood as developmental
phase within a human developmental perspective and to describe the sexual abuse of boys as
social work phenomenon, in order to develop insight with regards to the sexual abuse of
boys. Goals determined for the purpose of this study also included the discussion of the
sexual abuse of boys as social work phenomenon, focusing on the definition of sexual abuse,
inclining factors to sexual abuse, the types of sexual abuse and the context and motivation for
sexual abuse of boys. To discuss the different types of perpetrators in the sexual abuse of
boys and to investigate the motivations of perpetrators with regards to the sexual abuse of boys were also goals that were determined. This study’s goals were also to investigate the
opinions of social workers with regards to the sexual abuse of boys in middle childhood and
to make recommendations regarding the promoting of social work service delivery to the
sexually abused boy.
The literature study that was undertaken builds a foundation for the problem of the sexual
abuse of the boy in middle childhood to be seen, within the right context. An explorative and
descriptive study was conducted with twenty seven social workers in the Western Cape,
Olifantsrivervalley area as geographical area. Semi-structured questionnaires were used for data collection. The results were purposefully processed and analyzed according to a
qualitative- and quantitative research method. The empirical study’s findings enabled the
researcher to come to certain conclusions.
Using the literature study, the empirical study, findings and conclusions that followed on that,
recommendations could be made to social workers in order to promote social work service
delivery to the sexually abused boy in middle childhood. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die seksuele mishandeling van seuns word as ‘n wêreldwye probleem beskou. Ook in Suid-
Afrika word die seksuele mishandeling van seuns as ‘n epidemie beskryf wat net soos die
maatskaplike werk verskynsel van vroue oortreders, nie meer as raar beskou kan word nie.
Alhoewel wetgewing soos Die Suid-Afrikaanse Kinderwet, 38 van 2005 (2006), asook Die
Wysigingswet op die Strafreg (seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede), 32 van
2007, bygedra het tot ‘n groter bewustheid van die seun as slagoffer van seksuele
mishandeling, bestaan daar steeds baie wanbegrippe ten opsigte van die die seun as slagoffer
van seksuele mishandeling. ‘n Behoefte aan formele wetenskaplike navorsing met betrekking
tot hierdie probleem is geïdentifiseer met die gevolg dat hierdie studie onderneem is. Vir die
doel van hierdie studie is daar gefokus op die seksuele mishandeling van die seun in sy
middelkinderjare, aangesien die middelkinderjare as die mees weerloosste ontwikkelingsfase
beskou word vir die seun om seksueel mishandel te word. Maatskaplike werkers speel ‘n
primêre rol in die voorkoming, vroeë intervensie, intervensie en nasorg in hierdie verband.
Hierdie studie het daarom ten doel gehad om maatskaplike werkers se sienings oor die
seksuele mishandeling van seuns in die middelkinderjare te bepaal. Die doel van die studie is
bereik na aanleiding van vyf doelwitte wat gestel is. Die doelwitte van die studie was om die
middelkinderjare as ontwikkelingsfase binne ‘n menslike ontwikkelingsperspektief te
bespreek en om die seksuele mishandeling van die seun as maatskaplike werk verskynsel te
verduidelik ten einde begrip met betrekking tot die probleem van seksuele mishandeling van
seuns te ontwikkel. Doelwitte wat gestel is ten einde die doel van die studie te bereik, het
onder andere behels om seksuele mishandeling van seuns as maatskaplike werk verskynsel te beskou, deur te fokus op die definiëring van seksuele mishandeling, aanleidende faktore tot
seksuele mishandeling, die vorme van seksuele mishandeling en die konteks en motivering
van seksuele mishandeling van seuns. Om die verskillende tipes oortreders in die seksuele
mishandeling van seuns te bespreek en om ondersoek in te stel na die motiverings van
oortreders ten opsigte van die seksuele mishandeling van seuns, was ook as doelwit gestel.
Hierdie studie se doelwitte was ook om ‘n ondersoek te doen na die sienings van
maatskaplike werkers ten opsigte van die seksuele mishandeling van seuns in die
middelkinderjare en om aanbevelings te maak ten opsigte van die bevordering van
maatskaplike werk dienslewering aan die seksueel mishandelde seun. Die literatuurstudie wat gedoen is het ‘n fondasie geskep om die probleem van die seksuele
mishandeling van die seun in sy middelkinderjare, in die regte konteks te kan beskou. ‘n
Verkennende en beskrywende studie is gedoen en het sewe-en-twintig maatskaplike werkers
in die Wes-Kaap, Olifantsriviervallei area as geografiese gebied ingesluit. Semigestruktureerde
vraelyste is benut om inligting in te samel. Die resultate was volgens ‘n
kwalitatiewe- en kwantitatiewe navorsingsmetode verwerk en geanaliseer. Die empiriese
ondersoek se bevindinge het die navorser in staat gestel om sekere gevolgtrekkings te maak.
Na aanleiding van die literatuurstudie, die empiriese ondersoek, die bevindinge en die
gevolgtrekkings wat daarop gevolg het, kon aanbevelings gemaak word aan maatskaplike
werkers ten einde die maatskaplike werk dienslewering aan die seksueel mishandelde seun in
sy middelkinderjare te bevorder.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/80121
Date03 1900
CreatorsTheron, Susanna Maria
ContributorsStrydom, Marianne, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
Formatxv, 213 p. : col. ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds