Return to search

Die seksuele mishandeling van kinders

M.A. / "Child abuse and neglect is a serious and growing problem. In 1994, the South African Police Service's Child Protection Unit dealt with 22911 cases of child abuse, which represents a 36% increase over the previous year" (Staatskoerant, no. 18166:60). Seksuele mishandeling van kinders is 'n verskynsel wat wereldwyd voorkom en was onlangs in die plaaslike nuus toe 'n vader, wat sy veertienjarige dogter verkrag het, net sewe jaar tronkstraf gekry het omdat - volgens die regter - die samelewing nie teen hom beskerm hoef to word nie (Beeld, 1999/10/07: 11). Die rede wat regter Foxcroft aangevoer het, was dat verkragting binne gesinsverband nie so ernstig is soos verkragting deur 'n vreemdeling nie. Die feit dat 'n kind seksueel deur sy eie ouers mishandel word is egter soveel erger, want, indien 'n kind deur 'n vreemdeling verkrag word, het die kind steeds familielede wat ondersteuning bied. Maar indien die kind deur sy/haar ouers seksueel misbruik word, kan by/sy nerens gaan vir ondersteuning nie. Nog 'n skokkende gebeurtenis wat die voorblaaie van menige plaaslike koerante gehaal het, was die verkragting van 'n nege maande oue baba deur ses mans tussen die ouderdom van 23 en 66 jaar (Beeld, 2001/10/29: 2). Enkele dae later is die verkragting van 'n veertien maande oue baba dogtertjie van Tweeling in die Oos Vrystaat aangemeld. Sy is vermoedelik deur twee mans, onderskeidelik 34 en 37 jaar oud, verkrag (Beeld, 2001/10/31: 2). Ten spyte van die openbare en professionele aandag wat seksuele mishandeling ontvang het, is daar steeds baie min Suid-Afrikaanse navorsing aangaande die fenomeen gedoen (McKendrick en Hoffman, 1991:227-228). Die navorser is van mening dat, indien door inligting ingesamel word aangaande die seksueel mishandelde kind, kan kinders wat 'n risiko loop om deur hul ouers seksueel mishandel te word, vroegtydig geidentifiseer word. In hierdie verhandeling goon daar gefokus word op die seksuele mishandeling van kinders soos dit in akademiese literatuur na yore tree. 'n Klein komponent van die studie behels onderhoude oor hierdie verskynsel wat gevoer is met agt hulpverleners by Johannesburgse kinderhuise en hierdie inligting is gebruik om die mate van kongruensie tussen literatuur en enkele Suid- Afrikaanse empiriese voorbeelde, te bepaal. Die onderhoude is dus gevoer met die doel om, aan die hand van die persepsies van hulpverleners in enkele kinderhuise, te sien in welke mate die Suid Afrikaanse situasie ooreenstem met die literatuur. Met behulp van hierdie inligting hoop die navorser om 'n duideliker beeld daar te stel van kinders wat 'n risiko loop om seksueel mishandel te word en dot die teoretiese gevolgtrekkings wat gemaak is uit die studie, gebruik kan word in opleidingsprogramme vir hulpverleners en moontlik ook as basis vir verdere navorsing. Verder moet dit bydra tot kennis vermeerdering in die veld van Sosiologie. Verder sal dit ook bydra tot sosiologiese teorie en konsepte.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9420
Date15 August 2012
CreatorsCloete, Christelle.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0301 seconds