Return to search

'n Ondersoek van Afrikaanssprekendes se behoeftes aan Afrikaanse televisieprogramme : 'n gevallestudie

Text in Afrikaans / Hierdie studie ondersoek die behoeftes van Afrikaanse televisiekykers aan Afrikaanse
televisieprogramme te midde van die veranderinge wat sedert demokratisering aan die
Suid-Afrikaanse medialandskap plaasvind. Hierdie behoeftes word ondersoek by wyse
van 'n gevallestudie ender graad 10-leerders in Pretoria. Die gebruike- en
bevredigingsbenadering dien as teoretiese onderbou vir die studie en die invloed van 'n
aantal veranderlikes word ondersoek. Hierdie veranderlikes is televisiegerig (inhoud,
aanbod en struktuur van Afrikaanse programme), tegnologiegerig (nuwe mediategnologiee
socs satelliettelevisie en die Internet) en kykergerig (sosio-kulturele, persoonlike en
demografiese faktore). Die studie bevind dat daar 'n verband is tussen hierdie
veranderlikes en respondente se behoeftes aan Afrikaanse televisieprogramme. Die
studie bevind dat Afrikaanse programme nie respondente se behoeftes bevredig nie.
Nuwe mediategnologiee verbreed respondente se sosio-kulturele horlE;onne sodat hulle
gemaklik met programme in Engels omgaan. Te midde van die toenemende aanbod van
oorsese programme in Engels, neem die behoefte aan Afrikaanse programme af. / This study investigates the need for Afrikaans television programmes among Afrikaans
viewers in the changing media environment in South Africa. Needs are studied by means
of a case study among grade 10 learners in Pretoria. The uses and gratifications
approach serves as the theoretical framework of the study and a number of variables are
investigated. These variables are television driven (supply, content and structure),
technology driven (new media technologies such as satellite television and the Internet)
and viewer driven (socio-cultural, personal and demographic factors). The study finds that
there is a connection between these variables and the need for Afrikaans programmes
among respondents. The supply, content and structure of Afrikaans programmes do not
gratify respondents' needs. New media technologies broaden respondents' socio-cultural
horizons, enabling them to comfortably watch English programmes. Amidst the increasing
supply of overseas programmes in English, the need for Afrikaans programmes is
diminishing / Communication Science / M. A. (Kommunikasiekunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16883
Date06 1900
CreatorsGrobler, Johannes Marthinus
ContributorsDu Plooy, Gertruida M., Pitout, Magriet.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (vii, 434 leaves)

Page generated in 0.0025 seconds