Return to search

Regsaspekte van die rekenarisering van die betalingstelsel

Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / The development of sophisticated computer technology and the consequent
computerisation of the payment system has had a far-reaching effect on fund
transfer systems all over the world. The most important purpose of this thesis is to
indicate the nature of an electronic fund transfer; to set out the relationships of the
parties involved in an electronic funds transfer and to show by comparison with other
legal systems where our law may be deficient in the regulation of the computerised
payment system.
At the outset, the nature and functions of money are compared to electronic fund
transfers and a distinction drawn between paper-based transactions and electronic
fund transfers. In this regard, electronic fund transfers as method of payment is also
discussed.
Automatic computer processing also gave rise to a variety of new kinds of financial
services. A distinction is made between customer-initiated systems (A TM' s, EFTPOS
and home-banking services) and systems used by the banks to effect electronic
funds transfers between banks and to send financial messages. In this regard, the
settlement function of clearing houses and the legal nature thereof are examined. A
description of a local clearing house, the ACB, is included as well as a discussion of the clearing of cheques, the moment of payment of cheques and the status of the
ACB.
Other relevant legal aspects of the computerisation of the payment system which are
examined and discussed are the following: the use of the so-called electronic
signature; the regulation of risks in electronic payments and the creation of sufficient
security measures; the criminal liability of an accused in the case of an unauthorised
withdrawal or transfer; questions and problems surrounding evidential matters; the
putting into operation of procedures to correct errors and the creation of an
ombudsman to settle and resolve disputes; cheque truncation and the right of an
individual to privacy in the milieu of electronic payments. Finally, the legal
relationships between the parties involved in a credit transfer and the moment of
payment is examined. Regulation in this regard is also considered. / Die ontwikkeling van gesofistikeerde rekenaartegnologie en die gevolglike
rekenarisering van die betalingstelsel het 'n verreikende effek op die
fondsoordragstelsels van banke regoor die wereld gehad. Die belangrikste
doelstellings van hierdie proefskrif is gevolglik om die aard van 'n elektroniese
fondsoordrag aan te dui; om die verhoudinge tussen die partye betrokke by 'n
elektroniese fondsoordrag nader te omskryf en om by wyse van 'n regsvergelykende
ondersoek aan te toon waar daar leemtes in ons reg ten opsigte van die regulering
van die gerekenariseerde betalingstelsel bestaan.
Die aard en funksies van geld is ter aanvang met elektroniese fondsoordrag vergelyk
en 'n onderskeid is tussen papierbasistransaksies en elektroniese fondsoordragte
getref. In hierdie verband is elektroniese fondsoordrag as betalingsmetode ook
bespreek.
Outomatiese rekenaarverwerking het ook tot 'n verskeidenheid van nuwe soorte
finansiele dienste aanleiding gegee. Daar is onderskei tussen klient-geaktiveerde
stelsels (OTM'e, EFTPOS en tuisbankdienste) en fondsoordragstelsels wat deur die
banke aangewend word om elektroniese fondsoordragte tussen banke te
bewerkstellig en om finansiele boodskappe te versend. In die verband is die
verrekeningsfunksie van klaringshuise en die regsaard daarvan ondersoek. 'n
Beskrywing van die werksaamhede van die ACB, as plaaslike klaringshuis, is hierby
ingesluit asook 'n bespreking van die verrekening van tjeks, die tydstip van betaling
van tjeks en die status van die ACB.
Ander relevante regsaspekte van die rekenarisering van die betalingstelsel wat
ondersoek en bespreek is, is die gebruik van die sogenaamde elektroniese
handtekening; die risikoreeling in die elektroniese betalingsverkeer en die daarstelling
van voldoende sekuriteitsprosedures; die strafregtelike aanspreeklikheid van 'n
beskuldigde in die geval van 'n ongemagtigde onttrekking of oordrag; vrae en
probleme rondom bewysregtelike aangeleenthede; die inwerkingstelling van
foutoplossingsprosedures en die daarstelling van 'n ombudsman om geskille te
voorkom en te besleg; tjekretensie en die reg van die individu op sy privaatheid in die
milieu van die elektroniese betalingsverkeer. Laastens is die regsverhoudinge tussen
die deelnemende partye en die tydstip van betaling in die geval van 'n kredietoordrag
ondersoek, en oorweging is aan regulering in die verband geskenk. / Private law / LL. D.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17431
Date11 1900
CreatorsMeiring, Gezina Aletta
ContributorsOelofse, A. N.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xix, 515 p.)

Page generated in 0.0141 seconds