Return to search

Transformerende leierskapvaardighede as 'n voorspeller van topprestasie

Text in Afrikaans / Die doel van hierdie navorsing is om te bepaal tot watter mate waargenome
leierskapvaardighede van die middelvlakbestuurders in 'n provinsiale hospitaal, 'n
voorspeller is van topprestasie. Vanuit die literatuuroorsig word leierskapteoriee, die
veranderende konteks van leierskap, leierskapstrategiee en -vaardighede bespreek. Die
rasionaal vir topprestasie, visie in topprestasie-organisasies en die beginsels van
topprestasie word ook bespreek.
Die navorsingsontwerp is 'n beskrywende studie en maak gebruik van 'n gestratifiseerde
ewekansige steekproef. Die leierskapvaardigheidsvraelys (Charlton, 1991) is vir die
meet van die leierskapvaardighede gebruik en die PA VE-vraelys is gebruik vir die meet
van die vlak van topprestasie in die organisasie-eenheid.
Die resultate vertoon bemagtiging as die vemaamste voorspeller van topprestasie by die
middelvlakbestuurders.
Toekomstige navorsing kan temas insluit soos die rol en potensiaal van 'n gedeelde
visie, volharding, en werkstevredenheid.
Relevante sleutelwoorde is transformerende leierskapvaardighede, topprestasie,
bemagtiging en middelvlakbestuurders. / The aim of this research is to determine to what extent perceived leadership
competency of the middle level manager in a provincial hospital, is a predictor of peak
performance. The literature highlights leadership theories, the changing context of
leadership, leadership strategies and competencies. The rationale for peak
performance, vision in peak performing organizations and the principles of peak
performance are also discussed.
The research design is a descriptive study which uses a stratified randomized sample.
The leadership competence questionnaire (Charlton, 1991) is used to measure the
leadership competencies. The PA VE questionnaire is used to measure the level of peak
performance in the organizational unit.
The results indicate empowerment as the most prominent predictor of peak
performance of middle level managers.
Future research may include the role and potential of a shared vision, determination and
work satisfaction.
Relevant keywords are transformational leadership competencies, peak performance,
empowerment and middle level managers. / Industrial and Organisational Psychology / M.Com. (Bedryfsielkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17727
Date07 1900
CreatorsVan Jaarsveld, Barend Francois Fourie
ContributorsVon der Ohe, H., Watkins, M. L.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (x, 150 leaves)

Page generated in 0.0046 seconds