Return to search

Riglyne vir die hantering van die seksueel misbruikte kind in die middelkinderjare

Summaries in Afrikaans and English / Seksuele misbruik is 'n brutale vorm van kindermishandeling wat kommerwekkende afmetings in Suid-Afrika aanneem. Hierdie traumatiese gebeurtenis het emosioneel 'n geweldige negatiewe impak op die kinderslagoffer. Hierdie studie is gerig deur die uitgangspunt dat terapeute, deur middel van Gestaltspelterapie, hierdie kinderslagoffers moet lei in die hantering van hierdie trauma en die gevolge daarvan. Die gebrek aan riglyne vir die terapeut om die seksueel misbruikte kind in die middelkinderjare te hanteer is as navorsingsprobleem geformuleer.
Die doel van die studie was dus om vanuit 'n Gestaltspelterapeutiese benadering riglyne vir terapeute daar te stel in die hantering van die seksueel misbruikte kind in die middelkinderjare ten einde die kind te bemagtig. Om hierdie doel te bereik, is die navorsingsproses deur kwalitatiewe navorsing gerig en individuele gevallestudies voltooi deur die terapeutiese proses met drie kinderslagoffers te deurloop. Die data wat bekom is kon deur middel van data-analise en literatuurkontrole aangewend word om riglyne saam te stel. Daar is dus in die doel van die ondersoek geslaag, naamlik die daarstelling van riglyne vir die hantering van die seksueel misbruikte kind in die middelkinderjare. / Sexual abuse is a brutal form of child abuse that has reached exasperating proportions in South Africa. This traumatic event has an enormously negative emotional impact on the child victim. This study is directed by the premise that therapists', by means of Gestalt play therapy, should guide these victimized children in dealing with this trauma and its consequences. The research problem for the study was formulated as the lack of guidelines for the therapist to deal with the sexually abused child in middle childhood.

The aim of the study was to provide therapists' with guidelines designed from the approach of Gestalt play therapy for dealing with and empowering the sexually abused child in middle childhood. In order to achieve this goal, qualitative research was employed, while individual case studies were carried out by applying the therapeutic process to three victimized children. The data obtained was analyzed, checked against existing literature, and used to compile the guidelines. Thus, the goal of the research was achieved, namely to provide guidelines for dealing with the sexually abused child in middle childhood. / Social Work / M. Diac. (Play Therapy)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/1089
Date30 September 2006
CreatorsWilson, Lizane
ContributorsVan Wyk, C. (Mev.)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (125 leaves)

Page generated in 0.003 seconds