Return to search

'n Histories-argeologiese studie van die Plaas Welkomskraal, Distrik Venterstad, Noordoos-Kaap

Summaries and keywords in Afrikaans and English / Hierdie histories-argeologiese studie bied ‘n basiese beskrywing van die materiële kultuur van ‘n afgeleë
Suider-Afrikaanse plaas wat tussen die 1880’s en die 1930’s bewoon is. Die studie berus op ‘n gedetailleerde
ontleding van die opgegraafde vondste wat herwin is van ashope wat met drie wooneenhede op die plaas
Welkomskraal, geleë in die distrik Venterstad in die Noordoos-Kaap, verbind word. Die artefakte is aan die
hand van die naslaanversameling in die Bloemfonteinse Nasionale Museum en handelsadvertensies
geïdentifiseer. Die materiële kultuur dek die volle spektrum van die alledaagse lewe van die plaasbewoners en
word aangevul deur genealogiese data, wat aantoon dat die grondeienaars die nasate was van die eerste
trekboere wat hulle in die gebied gevestig het. Die bewoningsperiode van Welkomskraal val saam met die
tweede industriële revolusie, wat gekenmerk is deur die massaproduksie van goedere en ‘n toenemend globale
handelsnetwerk. Die versameling lewer bewys dat boere in die verre binneland toegang tot ‘n wye reeks
ingevoerde produkte gehad het, hoewel hulle nie noodwendig welvarend was nie. / This historical archaeological study provides a baseline description of the material culture of a remote
southern African farm occupied between the 1880s and the 1930s. The study is based on a detailed analysis
of the excavated finds recovered from middens associated with three homesteads, located on the farm
Welkomskraal, in the Venterstad district of the north-eastern Cape. Artefacts were identified using the
reference collection of the National Museum in Bloemfontein and commercial adverts. The material culture
covers the full spectrum of the daily lives of the farm’s occupants and is complemented by genealogical data,
which indicate that the landowners were the descendants of the first trekboers who settled in the area. The
occupation of Welkomskraal coincided with the second industrial revolution, which was characterised by
mass production of goods and an increasingly global trade network. The assemblage attests that farmers in
the deep interior had access to a wide range of imported goods although they were not necessarily prosperous. / Anthropology & Archaeology / M.A. (Argeologie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/13260
Date17 March 2014
CreatorsCoetzee, Gertruida Catharina Johanna
ContributorsBoeyens, J.C.A. (Prof.), Behrens, J.P. (Me.)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xxiv, 476 leaves)

Page generated in 0.0031 seconds