Return to search

Die rol van die vrou in die onderwys met spesiale verwysing na bruinonderwys

Summaries in Afrikaans and English / Die Bruinvrou in die onderwys het 'n besondere rol om te vertolk veral in die !ewe van
die volwassewordende kind asook in die hele skoolopset. Die doel van hierdie
ondersoek was om hierdie rol te bepaal.
Tersaaklike gegewens is verkry deur middel van Iiteratuurstudie, die outobiografiese
teks, onderhoude asook vraelyste.
Deur die inligting bekom, is vasgestel dat die omstandighede waaronder 'n groot
gedcelte van die Bruinonderwyseresse werk, nie altyd gunstig is nie. Baie Bruinlccrclcrs
woon in sosio-ekonomiese agtergeblewe gebiede waar misdaad en bendebcdrywighedc
aan die orde van die dag is. Waardestelsels, leefstyl van die subkultuur, onvoldoende
materiele versorging en gebrekkige opvoeding veroorsaak steuringe in die leerders se
ingesteldheid teenoor die skool.
Haar vrouwees laat die onderwyseres baie empatie toon in haar opvoedingskommunikasie
met die leerder. Sy poog om toereikend na sy behoeftes om te sicn. As medcganger
help sy die leerder om elke mylpaal wat hy bereik, te beskou as die begin van 'n ander.
Deur haar meelewendheid word veral die milieugestremde Bruinkind se menswaardigheid
erken. Baie bruinleerders het aangedui dat onderwyseresse rolmodelle vir hulle is.
Sommige onderwyseresse word verplig om jarelank dieselfde graad te onderrig.
Aangesien hulle so 'n betekenisvolle rol in die volwassewording van die kind speel, is
dit nodig dat hulle ervaring opdoen van die verskillende grade in die skool. Die vrou is baie veelsydig en het moontlikhede wat tocreikcnd aangewend kan word in
al die fasette van die skoolopset. Sy kan '11 baie belangrike bydrae lewer in die
organisasie en administrasie van die skool as sy die geleentheid gebied word. Haar
ingesteldheid op die menslike en die belangrikheid van gesonde verhoudinge asook haar
hoe pligsbesef dui daarop dat die onderwyseres by magte is om 'n uitstekende
onderwysleier te wees. Nieteenstaande die feit dat onderwyseresse volgens statistieke
oorverteenwoordig is in die onderwys, is hulle onderverteenwoordig in bestuursposte.
Alhoewel die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika 1996, gebaseer is op die
beginsels van gelykheid en menswaardigheid, is seksisme en diskriminasie op grond van
geslag nog steeds ernstige struikelblokke vir die onderwyseres op haar weg na beter
vooruitsigte in die onderwys.
Aanbevelings vir praktykverbetering asook verdere navorsing is gemaak. / The Coloured woman in education has a particular role to play, especially in the life
of the child growing towards adulthood as well as in the school in general. The aim of
this investigation is to determine that role.
Relevant information had been obtained by means of literary sources, autobiographical
texts, interviews and questionnaires.
Having obtained this information, it was established that the circumstances in which a
large proportion of Coloured female educators work, are not always favourable. Many
coloured learners live in socio-economic disadvantaged areas where crime and
gangsterism prevail. Value systems, lifestyles of the subculture, inadequate material
care and a serious lack of education are causing disruptions of learners' inclination
towards the school.
Being a woman enables the female educator to show considerable empathy in her
pedagogic communication with the learners. She endeavours to sufficiently provide in
their needs. As pedagogic accompanist she assists the learner to see every milestone that
he/she achieves as the basis for another. Her involvement brings about an
acknowledgement of the human dignity of the milieu-deprived Coloured child. Many
coloured learners have indicated that their female educators are their role models.
Some female educators are compelled to teach the same grade for years. Their
significant role merits experience of teaching the various grades at school.
Women are very versatile and have potential which can be utilized adequately in all the
facets of the school situation. They can make very important contributions towards the
organisation and administration of the school as a whole, given the opportunity. Their
focus on human nature and the importance of sound relationships as well as their high
sense of duty are indicative of the ability female educators have to become excellent
leaders in education. They are nevertheless under-represented in educational
management positions.
Although the Constitution of the Republic of South Africa, 1996, is based on the
principles of equality and human dignity, sexism is still a stumbling block in the path
of female educators.
Recommendations for an improvement m educational practice as well as further
research were made. / Educational Studies / D. Ed. (Filosofie van die Opvoeding)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16463
Date11 1900
CreatorsWessels, Frances Joan
ContributorsLe Roux, Keren
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xi, 329 leaves) : illustrations

Page generated in 0.002 seconds