Return to search

Filosofies-opvoedkundige perspektief op omgewingsopvoeding met spesiale verwysing na omgewingsgesonde gedrag en volhoubare ontwikkeling / A philosophical-educational perspective on environmental education with specific reference to environmentally sound behaviour and sustainable development

Die voorbestaan van die mensdom is nou verweef met die toestand waarin die omgewing
verkeer. Menslike aktiwiteite het 'n groot impak op die omgewing, terwyl die omgewing
weer die mens se lewensgehalte bepaal. Hierdie studie is dan daarop gemik om deur omgewingsopvoeding,
die mens te lei tot omgewingsgesonde gedrag met die oog op volhoubare
ontwikkeling.
Ten einde hierin te slaag, word die verskillende omgewingsprobleme en die redes daarvoor
eers uitgeklaar. Daarna word die faktore wat tot omgewingsagteruitgang kan lei, ondersoek.
Hieruit blyk duidelik <lat die wereld en die RSA, in die toekoms digter bevolk, meer
besoedel, ekologies minder stabiel en daarom meer gevoelig vir natuurrampe gaan word.
Soos uit die proefskrif sal blyk kan omgewingsopvoeding 'n positiewe bydrae tot bierdie
omgewingsprobleme lewer. Om daarby uit te kom word daar dus eers 'n kort bistoriese
oorsig van omgewingsopvoeding gegee. Die rol en bydrae wat enkele internasionale organisasies
tot omgewingsbewustheid gelewer het, word ondersoek. Daar word 'n oorsig gegee
van verwikkelinge in die RSA en die invloed van die Aardeberaad op omgewingsopvoeding
in die RSA, word ontleed.
Ten einde outentieke omgewingsopvoeding te vergestalt word aanvaar <lat die mens met
sy geboorte in 'n wereld gewerp word waaraan hy slegs met sy dood kan ontsnap. In hierdie
gesitueerdheid in die wereld as leefnrimte, moet hy sin aan sy bestaan gee, terwyl hy
ook 'n poging moet aanwend om die omgewing te verbeter, as voorsorg vir die oorlewing
van toekomstige geslagte. Met inagneming van die opvoedings- en omgewingsrelasie
waarin die mens tot sy omgewing staan, word die essensiele kenmerke van omgewingsopvoeding
blootgele, ten einde moontlikheidsvoorwaardes te stel vir outentieke omgewingsopvoeding.
Besondere Idem word gele op omgewingsgedrag wat volhoubaarheid nastreef.
Dit alles kulmineer in omgewingsgesonde gedrag wat as oorkoepelende doelstelling vir
omgewingsopvoeding gestel word. Omdat die mens se gedrag teenoor die omgewing bepaal
word deur sy omgewingsetiek, word drie verskillende benaderings tot omgewingsetiek
onderskei. Klem word gele op die noodsaak van omgewingsgeletterdheid. Ten
einde die mens se optrede teenoor die omgewing te probeer verstaan, word drie omgewingsgedragstyle
ontleed. Twee wetenskaplike aardgenese-hipoteses word beskryf vir
verdere duidelikheid oor omgewingsgedrag.
Aan die einde van die studie, word enkele beginsels gestel wat kan lei tot die ontwikkeling
van omgewingsgesonde gedrag met die oog op volhoubare voortbestaan. / Mankind's survival is interwoven with the state of the environment. Human activities
have a great impact on the environment, while the environment, again, determines the quality
of man's life. This study aims to aid mankind, through environmental education, to
environmentally sound behaviour with an eye on sustainable development.
To attain this, the different environmental problems and their causes, are sorted out first.
Then the factors that can lead to environmental degradation are investigated. From this it
is quite clear that in the future, the world and the RSA will be more densely populated, become
more polluted, be ecologically less stable and will therefore be more sensitive to natural
disasters.
Because environmental education can make a positive contribution to this, a short historical
survey of environmental education is given. The role and contribution of some international
organisations is investigated. Developments in the RSA are surveyed and the influence
of the Earth Summit on environmental education in the RSA is analysed.
At birth, mankind is thrown into a world from where he can escape only at death. In this
world in which he has to stay, he must give meaning to his existence, while also trying to
improve the environment to guarantee the survival of coming generations. Bearing in
mind the educational and environmental relationship between any human being and his environment,
the essential characteristics of environmental education are exposed in order to
set possible conditions for authentic environmental education. Special emphasis is placed
on environmental behaviour aimed at sustainablility.
All this culminates in environmentally sound behaviour that acts as the overall aim for environmental
education. Because man's environmental ethic determines his behaviour towards
the environment, three different approaches to environmental ethics are distinguished.
Emphasis is placed on the necessity for environmental literacy. In order to try to understand
man's behaviour towards the environment, three styles of environmental behaviour
are analysed. For further clarification of environmental behaviour, two scientific
earth genesis hipotheses are also described.
In conclusion, this study leads to certain principles that can lead to the development of environmentally
sound behaviour aimed at the sustainable survival of mankind. / Educational Studies / D. Ed. (Filosofie van die Opvoeding)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16708
Date12 1900
CreatorsDu Toit, A. S. (Andries Stephanus)
ContributorsLouw, Gert Jacobus Johannes
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (184 leaves)

Page generated in 0.0024 seconds